Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Sunday, July 18, 2010

Werk werk werk.

Ek sit by die werk. Dis 13h45, verveeld, baie verveeld. Het al 'n volle 4 pasiente gesien vandag en begin terug verlang na 'n besige casualty by Knysna...ok, miskien nie, maar 'n bietjie aksie sal lekker wees. Ek sal later bietjie probeer om 'n paar fotos by die werk te neem en op die blog te laai sodat julle kan sien hoe dit lyk waar ek werk, maar om 'n idee te gee: Soos die Greys Anatomy kliniese setup, net sonder die pasiente en al die personeel lyk soos Christina Yang!
Die werk self is nie so uitdagend nie, maar nogal stresvol omdat jy mooi alles moet regdoen. Eerstens omdat jy met nogal hoe koppe van groot maatskappye werk en omdat hulle baie betaal moet alles volgens die boek gedoen word(om natuurlik hofsake vry te spring). BASIES : Ek is nie gewoond daaraan om so baie gat te lek nie!

Ja, dit is seker die laaste blog posting wat ek sal maak in my 27ste jaar van lewe en dit laat my terug dink aan al die lekker tye wat ek gehad het deur die jaar...die wakker word op herodsbaai 1 jaar terug, met al daardie geskenke...kerswees oggend met al die geskenke...valentynsdag met al die geskenke.....EK BETER MORE WAKKER WORD MET GESKENKE! Vir die van julle wat die lees en nog nie my presente gepos het nie, ek bly in die Oriental Palace in Hanoi, Vietnam(soek self die posadres as jou straf!).

Aaah, dis nou 14h00 en ek moet huiswaarts keer na my besige dag. 'n Dokter mag nie te hard werk nie anders brand hy homself uit, HAHA!

Tot later maters.

No comments:

Post a Comment