Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Thursday, July 29, 2010

Nag van hel

(my ou hotel)
Het gisteraand omtrent niks geslaap nie!!! My hotel het fine gelyk, maar die geraas was onuithoudbaar, ek het al 5:30 opgestaan en bietjie gaan rondloop net om uit te kom. Selfs my oorpluisies wou nie werk nie.

Hulle bou om die hotel, het gevoel asof dit in my kamer is. Deur die nag, was seker vir 2 of 3 ure stil, maar my aircon het fisies vibreer en ook vreeslik geraas, so as ek dit aanhet kan ek nie slaap nie en as dit af is vrek ek van die hitte(kamer het geen venster), so catch 22! Het toe op my vroeg oggend staptog die oulikste hotel gekry, net af in dit straat, so ek is weer gelukkig!!! Ek het nou glad my eie rekenaar in kamer en dvd player. Die handdoeke was in vorm van swane met hartjie op bed in roosblare!!
(my nuwe hotel)
My eerste jas en baadjie het stunning uitgekom, die rok nie so lekker, so ek gaan vanoggend probeer om dit te verander of nie te vat. Dis amazing hoe goed hulle is en hoe vinnig hulle dit goed kan maak. Ek hou maar duim vas vir my boots en Mieke se skoene!

Wens ek kon my eie foto's laai, maar ek het my kabel in Hanoi vergeet, oepsie. So die foto's hier is sommer van die internet, maar darem 'n idee.
Verder het ek gisteraand die lekkerste aandete tot dusver in Vietnam gehad, en dit vir 140 000 Dong, dit is net oor die R50. Amazing! Dit was ook volmaan hier of amper, so vreeslike feestelike atmosfeer, nie seker of dit dalk altyd so is nie, maar het magical gevoel!

Maar wag, gaan gou op 'n historiese staptog uit die Lonely Planet en dan my skoene kry. Love my nuwe hotel!

No comments:

Post a Comment