Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Saturday, July 10, 2010

Uiteindelik ons albei in Hanoi




Uiteindelik het ek ook in Hanoi gearriveer! Het 'n paar keer die afgelope 24h gedink gaan dit dalk nie maak tot hier nie. Op JHB was ek volgens die Singapore personeel nie gebook vir Vietnam nie, maar wel vir Bali? Ek nie 'n visa nie, so kon nie opklim nie. Amper 'n aar net daar geskiet, gelukkig het iemand besef dat daar 2 Potgieters op die vlug gebook was en duidelik vlieg daar nie heelwat mense Vietnam toe van JHB nie, want niemand wou my glo dat ek die Visa kry as ek daar land nie. Maar wel, gelukkig was ek deur en oppad na die regte bestemming.

Kuala Lumpur se lughawe was effens boring en het ek die ure sit en aftel. Geland in Hanoi, hardloop na VISA counter, al gevrees ek het myself 'n gat in die sak gekoop met die VISA wat mens oor die internet koop, maar gelukkig was dit eg! Ek toe heel eerste in die ry van so 30 mense, vat my Paspoort 1ste, maar vat toe eers al 30 sin, en myne le heel onder, so ek was 1ste daar en laaste gehelp, glad nie snaaks as dit 38 is en voel of sweet my letterlik aftap nie. Mens kan ook nou nie moeilik raak daar nie, so ek het maar gedwee staan en wag.
Tas in die hand en uit by die deur wil ek net so graag by Fran kom, mens hoor van al die Taxi scams, so ek gaan toe maar na die toerisme toonbank en vra wat hul raad is oor Taxi, outjie kan nie baie goed engels praat nie en se hy kan vir my taxi bel vir $40, nou is hier 10 taxi mannetjies om jou ore wat net business cards uitgooi en mekaar afstry, so ek kies toe 'n mannetjie en vra vir Toerisme man of hy ok is, hy se toe ja, hy betroubaar!!!! Ek bevestig 10 keer dat die prys $20 is van lughawe tot hotel, geen ekstra kostes of plekke waar hulle stop, hy se dis reg, maar natuurlik vat hulle op die 1ste plek 'n kans. Die tolhek net buite lughawe kos iets, wil toe he ek moet betaal, en toe begin ek stres, ek se toe maar ek het ongelukkig net $20, oppad na my man en nie ekstra geld. Hulle wil net by OTM stop om my te laat geld trek en ek se toe maar, hulle kan net daar stop en my aflaai, ek sal ander taxi kry, weetie wat ek sou maak as hulle my in middel van tolpad drop nie, maar ek op daardie oomblik darem 10 ander taxi's om my gesien, rut neem 'n uur en beslis 'n uur wat ek nie wil oorhe nie! Maar gelukkig het ek na 'n uur se ry(later gevoel asof hul al in die rondte om stad ry en al wat hulle bly se is hoe ver die hotel is en dit nou verder is as wat hulle gedink het ens ens.) darem uiteindelik by die Hotel geland en Fran was in die pad wagtend, ek was nog nooit so bly om hom te sien nie!!!!

Ons Hotel is regtig awesome, dis so lekker gelee en pragtig, voel soos opposites van res van stad, ons moet ongelukkig Maandagogg trek, maar tot dan gaan ek dit ten volle geniet. Sit nou hier in my kamerjas en slippers na 'n lang stap deur die stad, heerlik! Sal later daaroor blog.

No comments:

Post a Comment