Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Wednesday, July 21, 2010

Roetine


Vandag was 'n lekker 'Roetine'-dag. 6h00. Wekker gaan af. Staan op. Stort. Skeer(Ek skeer nou al elke 2de dag vir die van julle wat dink dit is snaaks). Trek aan. Bewonder my vrou(Wat nog lekker le en slaap teen die tyd). Gaan eet(2 stukke waartlemoen, sterk aanmaak lemoensap, 2 eiers op sny brood met sout en baie tamatiesous sodat jy nie die olie proe nie). Tande borsel. Soen vrou(Wat al effens roer in die bed). Stap werk toe. 7h00. Vee sweet van voorkop af voordat jy by werk instap. Groet. Laat 5 mense in 5 ure glo hulle is siek en mors nie hulle geld nie. 13h00. Middag ete. Check email. Sien pasient. Drink koffie. Sien pasient. Praat str£$t terwyl jy pasient sien. Praat str£$nt omdat jy pasient sien. 19h00. Keur huiswaarts. Vee sweet van voorkop af voordat jy by hotel instap. Gaan eet uit(Saam met my baas vannaand, baie lekker Franse plek). Le voor die TV/Lees boek/Drink water. Slaap. Droom van 'n land waar die mense elke dag hard werk vir hulle bietjie geld en baie betaal vir hulle kos terwyl hulle langmou klere dra en voor die kaggel sit met 'n glasie rooiwyn en str$%t praat met hulle vriende omdat hulle wil! Ja, ons mis die huis en vriende!

No comments:

Post a Comment