Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Tuesday, July 13, 2010

Ons nuwe flat - West Lake


Daar is orals water om mens, ek loop langs die rivier op, oppad na die winkel waar ek kos gaan koop, lyk soos 'n supermark en alles daar wat mens nodig het, vrek goedkoop. In die rivier ry die mense in mandjies op, ek sal nog daar gaan sit en dit afneem, maar los maar meestal my kamera by die huis as dit reen, so vanaand gou gaan neem, maar toe was daar niemand op die water nie. Hulle groei ook goed in die rivier, weet nie wat nie, lyk nie soos rys nie.


Ons bly nou by West Lake, dis 'n baie groot en mooi meer, so blok van ons huis af, baie mooi.

Die hoe gebou is die Sheraton Hotel, en hier so half my baken punt om rigting te hou.

Het vanoggend gesous reen, almal vee en pomp water uit hulle onderste verdiepings, hulle woon nie daar nie, die motorfietsies staan daar. Hierdie is die straatjie vanaf die teerpad tot by ons hotel, so 200m van teer pad tot by hotel, gelag vir Fran wat in sy grand werks klere deur die modder moet ploeg.

Ons nuwe flat, het kombuis, leef areatjie, 2 slaapkamers en 2 badkamers, so julle kan kom kuier, haha. Ek betaal $10 ekstra om ook hier te kan bly, so nogal 'n bargain. Dis 'n hele expat village tipe plek, almal hierrond werk net hier vir maand of 2. Daar is 'n gym en swembad, maar die dekor lyk of hulle dit 20 of 30 jaar terug gedoen het, die kamer aaklig! Kyk na die goue "bedsprei" en peach banke!
Die view uit ons flat, die area is meer soos 'n residensiele area, blykbaar die meer gegoede area, lyk mooi van bo, alles relatief nuut. Res van Hanoi 1000 jaar oud en hierdie obviously uitbreidings. Dis baie naby aan Fran se werk, maar ver van middestad(so 15min, so nie so ver) maar moet taxi vat wat my so R80 daarheen en terug kos, so ek moet maar bietjie my trips beplan. Kan egter alles wat mens nodig kry hier kry en baie lekker restaurante in die area.

No comments:

Post a Comment