Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Friday, July 9, 2010

Eerste dag

Vandag was my eerste offisiele werksdag in die kliniek. Regte privaat opset met honderde vorms en geld issues. Dis nogal vrek duur om gesien te word deur een van ons dokters, so hulle verwag een of ander magic diens. Het natuurlik vandag diarrheoa gevalle en 'n skooter ongeluk gesien. 'Just another day in Hanoi'. Die mense by die werk is moerse nice, ons gaan eet net die hele tyd uit en die restaurante is nogal goed sover. Die kos is lekker en Pizza kos so VD 150 000 (vetnamese dong). Die geld is nogal confusing, al die nulle. 1 rand = VD 2500. Het die naweek af en gaan bietjie die stad explore, saam met Gina vat more kom. Vannaand net rustig, dalk bier later...

No comments:

Post a Comment