Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Saturday, July 10, 2010

Strate van Hanoi


Ons het gou deur die strate gaan loop, dis amazing! Voel asof alles op straat gebeur. Elkeen sit so by sy besigheid, drink biertjie, gesels lekker en chill uit terwyl hulle eintlik werk. Dis 'n miernes van mense en scooters, nogal scary om 1ste keer oor die pad te loop, maar kry dit darem reg, die geheim blykbaar om eintlik nie te kyk nie, net te loop en hulle draai maar vir jou uit, en sowaar dit werk.


Daar is 1000de stalletjies, strate en strate vol goed. Die strate in die Old Courters is vernoem volgens wat hulle verkoop, so bv skoen straat, klere straat ens, die goed is dus lekker gegroup. Die kos dele lyk vreeslik, die rou vleis, hoenders, varkpote, harte, lewers ens le net so oop en jy koop dit van die tafel af, kan nie dink hoe dit geeet kan word in die hitte nie, vliee sit op alles en lyk nie baie smaaklik nie, maar dit lyk verseker anders en interessant. Die hoenders, waswater ens loop ook maar so in die strate rond.


Dis ongelooflik warm, kan dit nie lekker beskryf nie. Water kos gelukkig amper niks, 5000 Dong vir 2, so 'n R1 vir 'n botteltjie water. Het ook sommer gaan uiteet, lekker burgers en bier vir so R40 p.p plekkie het oulike Nederlandse eienaar gehad, so sal nog heelwat raad by hom kry.
Ons gaan more op 'n trip saam met David(werk saam met Fran) en Alison, deur hele Hanoi, so sien baie uit. Gaan nou egter eers slaap, kan nie dink dis nou maar eers 4h in SA, almal hier wil tog so graag die sokker kyk, maar begin eers 1:30, ons gaan maar vanaand skip en liewer dalk moreaand die final kyk. Liefde uit 'n warm Hanoi!

No comments:

Post a Comment