Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Thursday, July 22, 2010

Hoam Kiem Lake




Fran praat van roetine, my roetine eendvoudig, wees betyds om die bussie 8h soggens Hoam Kiem Lake(die bekendste van die lakes en middelpunt van die stad) toe te vang, die hotel se bussie laai my elke oggend hier af. Het gister besluit om die toeriste goedjies van my lysie te "tick" en die bekende bakens te besoek...so 30min gevat en toe maar weer res van dag gaan shop, lekker!!!! Het gisteraand saam met Alan(Fran se baas) by La Badiane gaan uiteet, was amazing, my eerste stukkie steak en glasie rooiwyn in 2 weke!

Tipiese vars mark.
Die vrouens vir my die mooiste prentjie!! Almal verkoop so van hulle fietse af vars produkte.
Voeltjies hang voor almal se huise in die hokkies, hou die slegte geeste weg of iets, maar hier die markie waar hulle dit kan koop, mooiste voel hokkies, wens ek kon 10 saam bring huistoe!

No comments:

Post a Comment