Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Tuesday, July 27, 2010

Halong Bay naweek

Waar begin mens, hulle se altyd "a picture tells a thousand words" so ek gaan liewer met die opsie gaan, maar selfs dit kan nie vir julle 'n goeie idee gee van Halong Bay nie. Ons het dit gelove en die lekkerste trip gehad!!! Halong Bay strek oor 'n area van 1500sq km en het ongeveer 2000 "pinnacle-shaped limestones" wat orals uitsteek. Dis asemrowend mooi!

Eers moes ons 'n vier uur trip ondergaan, darem in 'n aircon bussie, ryslande orals en dit is 'n understatement, dit hou nooit op nie!

Uiteindelik arriveer ons in Halong Bay! En hier lig hulle ons toe in dat hulle sopas gehoor het dat die hawe ongelukkig gesluit is omdat die Tifoon te erg is en dus mag geen bote uitgaan nie! Ek kon dit nie glo nie, dit na 4h se ry!!! Ons kon egter gaan sien hoe die boot lyk en sou lunch kry en dan moet ons weer terug gaan Hanoi toe! Ek was beslis nie impress nie en reg om te baklei, maar wat kan jy nou doen, die weer is buite ons beheer. My moed was behoorlik in my skoene.

Die boot was amazing, ek kon nie glo dat ons nie meer kon gaan nie. Dis eintelik erger dat hulle dit net vir 'n mens wil gaan wys!

Ons het toe lunch gekry op die boot, baie lekker, 7 gang maaltyd. Ons het 'n vreeslike oulike ma en dogter ontmoet,hulle is Pools, ma bly in Kanada en dogter getroud met 'n Japanese man, bly in Tokyo, hulle was fasinerend! Net toe ons klaar geeet is, kondig die kaptein toe aan dat ons wel kan gaan en dat die tifoon meer na China se kant is, ek kon dit amper nie glo nie!!! Ons was uit ons velle. David en Alison(werk saam met Fran) was ook die naweek Halong toe en hulle trip is actually regtig gecancel, so shame, hulle moes toe maar die 4h rit terug doen en ons kon gaan!!! So lucky!
Ons kamer het 2 enkel bedjies gehad, maar regtig baie mooi. Baie luukser as wat ek verwag het. Die vensters kan oopmaak en mens voel baie naby aan die water.

Ons trip was obviously toe agter skedule so ons kon nie alles op die program doen nie, maar ek het glad nie omgegee nie, solank ek net kon gaan. Hier anker ons amper in so baai waar almal kan swem, kayak en mens besoek 'n "cave" waar die vissermanne tot 5 jaar terug nog gewoon het.

Fran wou net so graag swem, maar hulle het net gese dis al te laat en ons moet nog kom tot by die oornag stop plek, die sonsondergang was so mooi en die kaptein het permissie gegee dat ons 5min kon swem, so ons het ons kanse gevat en geswem! Heerlik, die water soos lou badwater.


Kon toe chill vir so uur en toe weer eet! Weer 'n 7 gang maal, maar porsies darem nie te groot! Die chef maak die mooiste uitkerwings uit die kos, die duiwe het hom 5 ure of iets gevat en die boot was baie impressive!


Hier is ons in ons "chinese" kamerjassies!!!
Fran het die volgende oggend 5:45 opgestaan om te swem, die boot sou 6:15 begin vaar so hulle gese dis enigste tyd wat mens nog weer kon swem! Ek het dit liewer geskip en eerder koffie op die dek geniet.

Ontbyt was interessant! Ons nog heeltyd te skrikkerig gewees om die tipiese Vietnamese ontbyt te eet, maar met Hanna(ons nuwe Poolse vriendin van Japan) wat ons aanpor en tou wys maak het ons dit probeer, en beslis glad nie te sleg. Die idee is nie om die vloeistof te drink nie, net die noedels te eet, ons altyd gedink jy eet alles.

Daar was ook tyd vir Fran om Chinese Chess te leer, nie seker of hy dit kon baas raak nie, hy dink egter so.
Ons ekskursie vir die oggend was om 'n plaaslike "fishing village" te besoek, dis amazing! Hulle woon so op die water en die kinders kan swem voor hulle kan loop. Die mense nie geletterd en kom nooit of baie min op land, voel nogal "untouched".

Ons het elkeen ons eie bootjie gekry met 'n roeier wat ons toe op 'n trippie deur die "village" gevat het, was regtig amazing! Ek love die Vietnamese hoed, wil een kry maar Fran dink ek is mal. Dink net hoe lekker sal ek kan tan by Heroldsbaai daarmee, mens se kop sweet glad nie en dit is koel en lig!

Mens besoek dan die perel plaas, waar hulle met perels boer, baie interessant.
Ons het 2 ongelooflike dae gehad en sal dit vir enige iemand aanbeveel! Mens moet net goeie navorsing doen oor die bote en eerder 'n bietjie meer betaal sodat mens op 'n lekker boot kan wees! Dragon's Pearl het gerock! Ons het die middag weer lunch op die boot gekry en so 13h terug begin keur Hanoi toe, die keer het ons 'n private kar en bestuurder gekry, baie lekker! Die trip darem net 3 en half uur geneem. Fran het toe besluit dat dit tyd was vir DVD's en het die eerste taxi in dorp toe gekry en vir ons 'n DVD player gaan koop, so verder uitgechill voor die TV, beslis die perfekte naweek!

1 comment:

  1. Die hoedjies, die idilliese swemmery, die oesters, die porno kamerjassies - the time of your life! Is baie jaloers. (Okay, behalwe oor die Chinese chess.) Mis julle

    ReplyDelete