Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Friday, July 16, 2010

Stad toe

Fran was vandag van 7h tot 7h oproep, so ek het my kanse gevat en heeldag in die stad gaan rondloop. Was heerlik, maar weerens nie vreeslike gems gevind nie, het omtrent die hele stad plat geloop, my voete en bene ly nou daaronder, maar was die moeite werd! Het tussendeur die shopping ook bietjie "sightseeing" gedoen.

St. Joseph cathedral, een van enigste kerke in die stad. Cool toeriste area om die kerk, eers vandag ontdek, sal beslis moet teruggaan.
Die Nasionale Opera huis, baie mooi gebou.
Ek het op tripadvisor van die roomys winkel gehoor, so moes daar roomys gaan eet en dit was hemels!

Die mooiste wit gebou met fyn kerfwerk en simbole, belaglik oor hoeveel scooters voor die plek gepark was, ek kon nie nader kom om beter foto te neem nie!
My aankope vir die dag, 2 rokkies en 'n belt vir my ma.
My voete en bene het 'n vreeslike uitslag na die dag van rondstap in die vuil strate van Hanoi! Die "dokter" se ek sal oorleef.

No comments:

Post a Comment