Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Thursday, July 15, 2010

Chilling


Fran werk in siklusse van 3 dae, Dag 1 - 8 tot 1h, Dag 2 - 1h tot 6h en Dag 3- 7h tot 7, so vandag was 'n 1 tot 6 daggie en awesome as mens gewoond is aan Knysna Hospitaal ure. Kon vanogg sommer net laat slaap en rond chill om die swembad, kan nie regtig tan nie want dis net te warm. Die water ook nie regtig koud nie, meer lou warm. Kan nie waag om in son te wees sonder faktor 50 nie, ons lag heeltyd as ons Westerse toeriste sien(en ons staan uit), gewoonlik bloed rooi gebrand en besonders sweeterig en boonop nog lank ook! Die mense hier dra ook glad nie kaal klere nie, meestal langmou hemde en langbroeke, weird maar blykbaar is 'n wit vel vir hulle baie mooi en wil hulle glad nie verbruin nie, so dis hoede ens om elke stukkie vel te bedek. Ek voel weer asof ek so min moontlik moet aanhe, maar nou wel.

Het toe vanmiddag lekker gaan eet saam met die Japanese girls by die Jap restaurant, was baie cool, maar ek het maar gebly by sushi, Fran actually een of ander rolled sushi platter bestel met eier poeding, spinasie en soya gereg, tee en die hele toetie. Hulle sushi bietjie anders as ons sin, California roll lyk heel anders, maar baie lekker, was ook lekker goedkoop, vir my en Fran so $16 dus R120 en dis drinks ingesluit, so 'n bargain. Wou liewer nie foto's neem nie, want dan lyk ek weer soos 'n agie.

Gaan vanaand sommer iewers langs water iets ligs kry vir ete en paar biertjies afwerk. Wens julle kon join!!!!!

Hier sommer 'n paar foto's:
Ons gister sommer rond geloop na Fran gewerk het, net tot 1. Hierdie boom groei sommer deur die winkel, nogal cool want hulle los dus die bome en bou maar so om dit.

Buite 'n ou tronk wat in oorlog gebruik is, het Franse naam omdat dit later deur Franse gebruik is. John McCain was selfs hier in die tronk, so nogal weird om te dink.
Hier is orals Pagoda's, ons gaan maar ne meer in nie, maar hierdie een is die Ambassador's pagoda, gaan maar weer terug moet gaan, want ek was bietjie te kaal aangetrek om in te gaan.

Weird om hier rond te loop en steeds World Cup en SA stickers orals te sien, almal weet nou van SA, so dis flippen lekker om te travel en almal weet presies waarvandaan jy kom.

No comments:

Post a Comment