Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Wednesday, July 14, 2010

Gina - Opsoek na shopping heaven


Ek het vandag die groot mark in Hanoi besoek in die hoop om shopping heaven te ontdek, maar dit het glad nie gebeur nie! Daar was miljoene duisende stalletjies, maar als aaklig! Besef net weer watter skat Bangkok se mark was! Daar is vloere vol skoene, handsakke ens, maar te blink en aaklig.


Het darem 'n paar oulike shops in die Old Courters gekry en awesome handsakke gekoop, maar het beslis nie veel om te wys vir my dag van shopping nie, tot Fran se blydskap! Mens kry die amazingste fakes, ek oortuig dis eintlik real, maar iewers uit fabrieke gesteel, het stunning Chloe bag gekoop, wou nie die bekende fakes koop nie want lyk dalk later net belaglik. Andries and Jayne, I found the little shop with the Paul Smith wallets!!! There is only about 5 and I think I got the pretty one, but will have to go back and buy more, hopefully they will get new stock, they said they get it now and again. Andries so ek het 1 vir jou!!! yey!!!

Sal nou maar Hoi An en HCMC moet gaan plat loop opsoek na bargains, maar ek sal maar net dieper moet soek in Hanoi, darem oorgenoeg tyd!

Het vanaand saam met Fran se hele kantoor gaan uiteet, hulle het so klein werksfunksie gehad om vir almal dankie te se vir die trek, was lekker om almal te ontmoet. Het oulike Japanese girls ontmoet en gaan more saam met hulle lunch, so sien uit na goeie Sushi, hoop maar dis nie te erg en anders as waaraan ek gewoond is nie, seker daar sal 'n paar snaakse goed wees maar sien uit! Gaan nou eers stort en slaap, my voetjie seer van 'n dag se rondstap, vuil en sweeterig kry hier 'n ander betekenis, so stort elke keer as mens terug kom by hotel.

1 comment:

  1. Julle!! Ek het nie eers geweet julle is daar nie!
    Hoe exciting! Geniet dit verskriklik baie, ek sal seker maak ek lees heeltyd om op hoogte te bly!
    Elrikexx

    ReplyDelete