Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Thursday, July 22, 2010

Rondloopdag

Vanaand het ons net bietjie gaan rondloop en ek het besluit om bietjie te wys van die algemene dinge wat jy teekom elke dag in Hanoi.

Oral besige strate, die plek staan nie stil nie. My vroutjie staan ook nie stil nie, van die een winkel na die ander!
Die winkels speel nie rond nie, hulle verkoop meestal net een tipe produk bv. onderbroeke, horlosies, sakke. Jy kry baie skaars 'n mengsel van die goed. Meeste van die goed is spotgoedkoop al is dit Armani of Mont Blanc!

Hier het ons bietjie bele in DVD's. Van die nuutste tot die oudste is beskikbaar teen VD15000 per DVD. Dit is so R6.


Baie van die vroue is heeltemal toegemaak om nie blootgestel te word aan die son nie, hulle glo hoe 'witterder' hoe beter.

Die vroue loop en verkoop hulle goedere in die straat. Hulle steek die besige strate oor met die mantjies op hulle skouers, ek is elke keer verbaas as hulle lewendig anderkant uitkom.

Weereens die vroue wat die bestaan maak! Vietnam lyk vir my aanloklik! Haha.


Die kinders word op straat groot, op die motofietse en in die arms. Ek het seker al een 'pram' gesien. Baie van die kinders dra nie 'n helmet as hulle op die motorfiets ry, maar ouers amper altyd...snaaks?
Baie mense sit lekker op die straathoek en ontspan. Drink bier, gesels en kuier tot die son onder is. Hier sit ons natuurlik in die pad, met die eienaar van die...sypaadjie(agter Gina) wat die verste in die pad sit om sy kliente te beskerm. Hier lees ek ook darem die Lonely Planet.
Lekker tyd om uit te eet. Hier by 'n Vietnamese restaurant op die uithoeke van die Old Quater. Baie lekker!

No comments:

Post a Comment