Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Tuesday, July 20, 2010

Verjaarsdag in Vietnam


Die stappeltjie geskenke. Met die tekort aan geskenkpapier het ek 'n pakkie "offering" papiere by 'n vrou voor 'n pagoda gekoop, die idee om dit vir die gode te brand, nagemaakte geld deel hiervan sodat jy in die afterlife ryk kan wees. Het darem gelap en geplak om die geskenke toe te kry,

Hy het net tot 1h gewerk, so ons kon lekker gaan lunch, by Kitchen, heerlike cafe tipe plekkie. Hy was vir meeste van die tyd met Wiaan en Andries op die foon, highlight van sy dag!

Ons lunch is kort geknip met 'n oproep van die kliniek, Emergency Evacuation van 'n ou uit Laos en Fran kan dalk op helikopter saam gaan, die action waarvoor hy heeltyd wag en toe eintlik....
'n Surprice verjaarsdag partytjie!!!!!





Hulle het die 2 lekkerste en mooiste koeke gehad, met kersies versier en gesing ook!!! Baie cool!

Ons 2 toe stad toe om behoortlik te gaan vier, het begin op Straat met Bia Hoi (vars bier wat elke dag by staat hoeke afgelewer word en slegs 'n dag lank hou!), teen 4000 VND 'n glas, dis so R1.50 per glas en baie lekker.



Daarna by Cafe69 gaan eet, awesome Vietnamese pub met baie lekker kos!

Sit toe presies by die kalendar in die restaurant, 19 Tho Hai! Francois is gebore in die jaar van die hond en ek van die vark!!!! Thanks vir almal se oproepe, skype boodskappe, facebook, e-mails en sms'e!!!!

No comments:

Post a Comment