Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Friday, July 30, 2010

Ho Chi Minh City hier kom ek


Ek gaan haal vanogg nog gou 'n rokkie vir Mia se troue en dan moet ek Hoi An agterlaat, maar sal beslis terug kom, hopelik die keer met "parters in crime"! Het my tyd hier so baie geniet.

Die markte in HCMC roep my nou, ek hoop dis meer iets soos wat in Bangkok was, maar ons sal maar sien, sal maar nie my hoop op kry nie. Dis blykbaar die "Parys" van die ooste - ek dink in hul drome. Ek het nog nie 'n hotel bespreek nie, besluit na my aaklige hotel sal ek maar eers die hotelle daar gaan uitkyk, daar is so baie.
Fran land moreogg, so dan sal ons 2 dae saam he in HCMC! Hartseer om te dink ek het nog net 3 dae oor in Vietnam!!

No comments:

Post a Comment