Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Friday, July 30, 2010

Vlug vertraag

Ai, sopas uitgevind my vlug van 12:30 tot 17:00 vertraag!!! Gelukkig het ek 'n Vietnamese selnommer, so hulle het my darem laat weet, yey! Nou sal ek maar net nog moet shop en langs die swembad le vir 'n bietjie langer.

Ho Chi Minh City hier kom ek


Ek gaan haal vanogg nog gou 'n rokkie vir Mia se troue en dan moet ek Hoi An agterlaat, maar sal beslis terug kom, hopelik die keer met "parters in crime"! Het my tyd hier so baie geniet.

Die markte in HCMC roep my nou, ek hoop dis meer iets soos wat in Bangkok was, maar ons sal maar sien, sal maar nie my hoop op kry nie. Dis blykbaar die "Parys" van die ooste - ek dink in hul drome. Ek het nog nie 'n hotel bespreek nie, besluit na my aaklige hotel sal ek maar eers die hotelle daar gaan uitkyk, daar is so baie.
Fran land moreogg, so dan sal ons 2 dae saam he in HCMC! Hartseer om te dink ek het nog net 3 dae oor in Vietnam!!

Thursday, July 29, 2010

Same old same old

Natuurlik is die vorige blog post geskryf deur Gina, want ek is nog Hanoi besig om skille in te samel. Is nou natuurlik baie alleen en verlang my vrou...my vriende...my vryheid...mure wat afdop...pasiente wat nie vrae vra nie...stront praat met my kolegas...skoon lug...SuperSport...winter...rooiwyn...braaivleis...ooooo ek mis braaivleis!
More is my laaste dag in Hanoi se kliniek en dan begin ek Maandag by HCMC werk. Gaan 'n lekker verandering wees.
Tot later maters...

Nag van hel

(my ou hotel)
Het gisteraand omtrent niks geslaap nie!!! My hotel het fine gelyk, maar die geraas was onuithoudbaar, ek het al 5:30 opgestaan en bietjie gaan rondloop net om uit te kom. Selfs my oorpluisies wou nie werk nie.

Hulle bou om die hotel, het gevoel asof dit in my kamer is. Deur die nag, was seker vir 2 of 3 ure stil, maar my aircon het fisies vibreer en ook vreeslik geraas, so as ek dit aanhet kan ek nie slaap nie en as dit af is vrek ek van die hitte(kamer het geen venster), so catch 22! Het toe op my vroeg oggend staptog die oulikste hotel gekry, net af in dit straat, so ek is weer gelukkig!!! Ek het nou glad my eie rekenaar in kamer en dvd player. Die handdoeke was in vorm van swane met hartjie op bed in roosblare!!
(my nuwe hotel)
My eerste jas en baadjie het stunning uitgekom, die rok nie so lekker, so ek gaan vanoggend probeer om dit te verander of nie te vat. Dis amazing hoe goed hulle is en hoe vinnig hulle dit goed kan maak. Ek hou maar duim vas vir my boots en Mieke se skoene!

Wens ek kon my eie foto's laai, maar ek het my kabel in Hanoi vergeet, oepsie. So die foto's hier is sommer van die internet, maar darem 'n idee.
Verder het ek gisteraand die lekkerste aandete tot dusver in Vietnam gehad, en dit vir 140 000 Dong, dit is net oor die R50. Amazing! Dit was ook volmaan hier of amper, so vreeslike feestelike atmosfeer, nie seker of dit dalk altyd so is nie, maar het magical gevoel!

Maar wag, gaan gou op 'n historiese staptog uit die Lonely Planet en dan my skoene kry. Love my nuwe hotel!

Wednesday, July 28, 2010

Alleen travel - Hoi An


Ek het vanoggend 7h uit Hanoi gevlieg en vir Fran agtergelaat, boohoo. Is nou in Hoi An, die "tailoring" meka in Vietnam. Als word spesiaal vir jou gemaak, so ek het 'n rokkie, jas en 2 paar boots wat tans gemaak word, ek hoop maar vir die beste!! Wens ek kon 'n hele tas vol goed laat maak, maar moet my inhou! Bly in Old Quarter('n World Heritage site), baie mooi en oud, hier word nie motors in die ou deel toegelaat nie en sommige strate net vir stap, so baie rustiger om rond te loop as in Hanoi. Vandag ekstra warm, so gou bietjie kom afkoel by die hotel, maar oor halfuur is my eerste pas!

Tuesday, July 27, 2010

Halong Bay naweek

Waar begin mens, hulle se altyd "a picture tells a thousand words" so ek gaan liewer met die opsie gaan, maar selfs dit kan nie vir julle 'n goeie idee gee van Halong Bay nie. Ons het dit gelove en die lekkerste trip gehad!!! Halong Bay strek oor 'n area van 1500sq km en het ongeveer 2000 "pinnacle-shaped limestones" wat orals uitsteek. Dis asemrowend mooi!

Eers moes ons 'n vier uur trip ondergaan, darem in 'n aircon bussie, ryslande orals en dit is 'n understatement, dit hou nooit op nie!

Uiteindelik arriveer ons in Halong Bay! En hier lig hulle ons toe in dat hulle sopas gehoor het dat die hawe ongelukkig gesluit is omdat die Tifoon te erg is en dus mag geen bote uitgaan nie! Ek kon dit nie glo nie, dit na 4h se ry!!! Ons kon egter gaan sien hoe die boot lyk en sou lunch kry en dan moet ons weer terug gaan Hanoi toe! Ek was beslis nie impress nie en reg om te baklei, maar wat kan jy nou doen, die weer is buite ons beheer. My moed was behoorlik in my skoene.

Die boot was amazing, ek kon nie glo dat ons nie meer kon gaan nie. Dis eintelik erger dat hulle dit net vir 'n mens wil gaan wys!

Ons het toe lunch gekry op die boot, baie lekker, 7 gang maaltyd. Ons het 'n vreeslike oulike ma en dogter ontmoet,hulle is Pools, ma bly in Kanada en dogter getroud met 'n Japanese man, bly in Tokyo, hulle was fasinerend! Net toe ons klaar geeet is, kondig die kaptein toe aan dat ons wel kan gaan en dat die tifoon meer na China se kant is, ek kon dit amper nie glo nie!!! Ons was uit ons velle. David en Alison(werk saam met Fran) was ook die naweek Halong toe en hulle trip is actually regtig gecancel, so shame, hulle moes toe maar die 4h rit terug doen en ons kon gaan!!! So lucky!
Ons kamer het 2 enkel bedjies gehad, maar regtig baie mooi. Baie luukser as wat ek verwag het. Die vensters kan oopmaak en mens voel baie naby aan die water.

Ons trip was obviously toe agter skedule so ons kon nie alles op die program doen nie, maar ek het glad nie omgegee nie, solank ek net kon gaan. Hier anker ons amper in so baai waar almal kan swem, kayak en mens besoek 'n "cave" waar die vissermanne tot 5 jaar terug nog gewoon het.

Fran wou net so graag swem, maar hulle het net gese dis al te laat en ons moet nog kom tot by die oornag stop plek, die sonsondergang was so mooi en die kaptein het permissie gegee dat ons 5min kon swem, so ons het ons kanse gevat en geswem! Heerlik, die water soos lou badwater.


Kon toe chill vir so uur en toe weer eet! Weer 'n 7 gang maal, maar porsies darem nie te groot! Die chef maak die mooiste uitkerwings uit die kos, die duiwe het hom 5 ure of iets gevat en die boot was baie impressive!


Hier is ons in ons "chinese" kamerjassies!!!
Fran het die volgende oggend 5:45 opgestaan om te swem, die boot sou 6:15 begin vaar so hulle gese dis enigste tyd wat mens nog weer kon swem! Ek het dit liewer geskip en eerder koffie op die dek geniet.

Ontbyt was interessant! Ons nog heeltyd te skrikkerig gewees om die tipiese Vietnamese ontbyt te eet, maar met Hanna(ons nuwe Poolse vriendin van Japan) wat ons aanpor en tou wys maak het ons dit probeer, en beslis glad nie te sleg. Die idee is nie om die vloeistof te drink nie, net die noedels te eet, ons altyd gedink jy eet alles.

Daar was ook tyd vir Fran om Chinese Chess te leer, nie seker of hy dit kon baas raak nie, hy dink egter so.
Ons ekskursie vir die oggend was om 'n plaaslike "fishing village" te besoek, dis amazing! Hulle woon so op die water en die kinders kan swem voor hulle kan loop. Die mense nie geletterd en kom nooit of baie min op land, voel nogal "untouched".

Ons het elkeen ons eie bootjie gekry met 'n roeier wat ons toe op 'n trippie deur die "village" gevat het, was regtig amazing! Ek love die Vietnamese hoed, wil een kry maar Fran dink ek is mal. Dink net hoe lekker sal ek kan tan by Heroldsbaai daarmee, mens se kop sweet glad nie en dit is koel en lig!

Mens besoek dan die perel plaas, waar hulle met perels boer, baie interessant.
Ons het 2 ongelooflike dae gehad en sal dit vir enige iemand aanbeveel! Mens moet net goeie navorsing doen oor die bote en eerder 'n bietjie meer betaal sodat mens op 'n lekker boot kan wees! Dragon's Pearl het gerock! Ons het die middag weer lunch op die boot gekry en so 13h terug begin keur Hanoi toe, die keer het ons 'n private kar en bestuurder gekry, baie lekker! Die trip darem net 3 en half uur geneem. Fran het toe besluit dat dit tyd was vir DVD's en het die eerste taxi in dorp toe gekry en vir ons 'n DVD player gaan koop, so verder uitgechill voor die TV, beslis die perfekte naweek!

Thursday, July 22, 2010

Rondloopdag

Vanaand het ons net bietjie gaan rondloop en ek het besluit om bietjie te wys van die algemene dinge wat jy teekom elke dag in Hanoi.

Oral besige strate, die plek staan nie stil nie. My vroutjie staan ook nie stil nie, van die een winkel na die ander!
Die winkels speel nie rond nie, hulle verkoop meestal net een tipe produk bv. onderbroeke, horlosies, sakke. Jy kry baie skaars 'n mengsel van die goed. Meeste van die goed is spotgoedkoop al is dit Armani of Mont Blanc!

Hier het ons bietjie bele in DVD's. Van die nuutste tot die oudste is beskikbaar teen VD15000 per DVD. Dit is so R6.


Baie van die vroue is heeltemal toegemaak om nie blootgestel te word aan die son nie, hulle glo hoe 'witterder' hoe beter.

Die vroue loop en verkoop hulle goedere in die straat. Hulle steek die besige strate oor met die mantjies op hulle skouers, ek is elke keer verbaas as hulle lewendig anderkant uitkom.

Weereens die vroue wat die bestaan maak! Vietnam lyk vir my aanloklik! Haha.


Die kinders word op straat groot, op die motofietse en in die arms. Ek het seker al een 'pram' gesien. Baie van die kinders dra nie 'n helmet as hulle op die motorfiets ry, maar ouers amper altyd...snaaks?
Baie mense sit lekker op die straathoek en ontspan. Drink bier, gesels en kuier tot die son onder is. Hier sit ons natuurlik in die pad, met die eienaar van die...sypaadjie(agter Gina) wat die verste in die pad sit om sy kliente te beskerm. Hier lees ek ook darem die Lonely Planet.
Lekker tyd om uit te eet. Hier by 'n Vietnamese restaurant op die uithoeke van die Old Quater. Baie lekker!

Hoam Kiem Lake




Fran praat van roetine, my roetine eendvoudig, wees betyds om die bussie 8h soggens Hoam Kiem Lake(die bekendste van die lakes en middelpunt van die stad) toe te vang, die hotel se bussie laai my elke oggend hier af. Het gister besluit om die toeriste goedjies van my lysie te "tick" en die bekende bakens te besoek...so 30min gevat en toe maar weer res van dag gaan shop, lekker!!!! Het gisteraand saam met Alan(Fran se baas) by La Badiane gaan uiteet, was amazing, my eerste stukkie steak en glasie rooiwyn in 2 weke!

Tipiese vars mark.
Die vrouens vir my die mooiste prentjie!! Almal verkoop so van hulle fietse af vars produkte.
Voeltjies hang voor almal se huise in die hokkies, hou die slegte geeste weg of iets, maar hier die markie waar hulle dit kan koop, mooiste voel hokkies, wens ek kon 10 saam bring huistoe!