Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Friday, December 17, 2010

Voel soos Kersfees!


Daar is darem hier en daar Kersfees versierings in die stad, maar blykbaar is die 25ste net 'n normale dag in die stad, ek gaan die naweek ons flat versier en bietjie in die spirit kom, maar die sneeu voel verseker klaar soos Kersfees!

Ek en Fran het Woensdagaand gaan kos inkopies doen, Walmart is onder die Olympic square, huge plek! Mens kan alles op aarde kry en meer! Daar is 'n hele ry met tee en rye met noodles, maar het gesukkel om tamatiesous en suiker te kry! Die vleis en vis rakke verseker baie interessant, daar was selfs 'n haai op die ys in die vis afdeling en mens kan lewendige skilpaaie koop, ek wou so graag foto's neem maar Fran het geweier! My mond het redelik oopgehang vir meeste van shopping uitstappie!

Terug by die hotel het ons bietjie in die sneeu gaan rondloop.



No comments:

Post a Comment