Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Wednesday, December 15, 2010

Sneeu & Shopping


Was heeldag al vreeslik koud en bewolk, so was nie besonder lus om my neus by die deur uit te steek nie, maar het toe so 2h begin sneeu en kon nie myself help nie, moes bietjie gaan voel hoe sneeu regtig voel!!!!!! Bo die view uit kamer toe dit begin sneeu het.

Net buite die deur van hotel, dis darem nie net ek wat opgewonde raak oor die sneeu nie, die vrou het haar naam in die sneeu geskryf.

Hier is die hotel waarin ons bly se voor aansig, ons bly nie in die hoof gebou nie, net agter dit is die residensiele area, waarin ons bly, maar ons kan op 4de vloer deurloop na hotel, die spa, tennisbane, restaurante ens gebruik.


Ons bly in die hoofstraat van Dalian, en in die duurder deel, al die shops om die hotel is net Armani, Dior ens. Hier kan mens nogal mooi die sneeu sien, mens kan dit nie lekker afneem nie!

Die stad is huge, ek love die rye bome, seker dit gaan so mooi wees as dit in lente bloeisels gaan aankry. Orals is net hoe geboue en shops waar jy kyk!

Het myself probeer afneem met sneeu wat val, maar kon nie so lekker regkry nie, my hand ook afgevries terwyl ek dit probeer doen!

Net langs die hotel is die shopping mall, net met die duurste brands!

Sommer 'n eetplekkie, ek weetie hoe mens ooit gaan verstaan nie, meeste goed geen engels of syfers nie, net chinees! Onder is 'n sign in 'n shopping mall met wat waar is, net jammer dat ek geen idee het wat daar staan nie, en die mall was besonder duur! Die geld en wisselkoers is lekker maklik, 1 RNB is ook omtrent 1 Rand!

Sien darem so hier en daar bietjie kersversierings, veral op al die hotelle. Hierdie is steeds die straat waarin ons bly, alles lyk redelik nuut en mooi versorg.

Sommer die karre vol sneeu, net na dit ophou sneeu het. Dit was baie kouer na dit opgehou sneeu het!

Die gebou met geel skrif is ons hotel, so die stukkie wat agter uitloop is waar ons bly. Dit begin skemer raak so teen 3:30, pikdonker teen 4:30.

Die Cartier shop net oorkant die hotel, sien hoe donker dit al is, was net voor 4.

No comments:

Post a Comment