Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Tuesday, December 7, 2010

DALIAN

Beijing, waar ek 'n vinnige stop gemaak het. Links is die sonsopkoms vanoggend vand die lughawe af, regs is die uitsig van my hotelkamer.




Ek is uiteindelik in Dalian. Na omtrent 2 dae se travel. Ek het 'n vinnige stop gemaak in Beijing, waar ek orientasie gekry het en 'n boks vol wintersdrag(meer Antartika sneeu-drag).

Ek sal more bietjie vertel die werk, maar hier die klere wat aan my gegee is, ski-masker, balaklawa, handskoene, ski-broek, steel-toe skoene, sokkies, 2 baaitjies ens...heeltemal 'n overkill!


Eerste indrukke is goed. Die mense is baie vreindelik, veral my drywer. Hy het my op die lughawe in Afrikaans gegroet(wat hy geleer het by die ander dokter hier). Hier is waar ons gaan bly vir die volgende 6 weke. Op die 13de vloer van die hotelgebou. Hier is alles wat jy wil he: buffet ontbyt, swembad, gym, skoonmakers, binnehuis tennisbaan!

Gaan nou eers inkruip, dit al donker van 5h af en voel of dit in die middel van die nag al is. nou 00h00.

No comments:

Post a Comment