Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Monday, December 20, 2010

Naweek uitstappies - Sightseeing

Ons drywer en Jenny(verpleegster wat saam met Fran werk) het ons Saterdag op 'n Sightseeing uitstappie gevat, dit was regtig baie mooi en Dalian sal beslis awesome wees in die Somer. Hulle het ons na een van die "resort" dele geneem wat blykbaar baie besig is in seisoen, alles was egter Saterdag meestal toe.

Hierdie is op een van die beaches, die sand nogal grof en donker. Die boustyl van die gebou langs die stuk kus baie mooi en modern.

Orals is daar mooi paadjies en tuine, alles baie mooi versorg.

Die son het lekker geskyn en was regtig pragtig, kan nie wag om weer te gaan as dit bietjie warmer is nie!

Sommer nog woonstelle en huise, hier is die geboue en huise heelwat kleiner en meer ruim as in die stad, dis blykbaar baie duur hier, maar hulle kon nie vir ons se hoeveel dit sal kos nie.

Ons het gestop by 'n park, met heelwat standbeelde en al die Chinese nuwejaars gebruike, ons staan hier onder die "lucky" altaar.

Ek is gebore in die jaar van die vark, so hier staan ek by my jaar se simbool/beeld, Francois is in die jaar van die hond gebore. Dis baie dieselfde as ons sterretekens.

Ek dink dis gewoonlik 'n stroompie wat hier loop, mal oor die foto!



Hier kan mens 'n blokkie ophang met jou naam op en dan spesifiek een koop wat 'n wens op het, bv rykdom, lang lewe, geluk etc.
Ons het toe gaan uiteet in 'n Chinese restaurant, dis great as ons saam met Xin Sung en Jenny kan gaan want dan kan hulle ten minste alles vir ons wys en verduidelik. Dit was 'n baie oulike plek, jy kan vars vis, krap, haai etc kies en dan maak hulle dit vir jou gaar, sien foto hieronder met tenke.



Jy kan ook borde kies en pryse voor dit sien, dan berei hulle dit ook vir jou voor.

Dit was die eindproduk, ons het Sweet en Sour Vark, Groente, "Beef hotpot" met tamatie en prawn en cashew stirfry gehad, alles was regtig baie lekker. Ons sal beslis die vis, krappe ens weer gaan uitprobeer, maar Jenny en Xie Sung het gese dis lekkerder as dit somer is. Al die kos, sap ens vir ons al 4 was 170RNB, wat dieselfde is in Rand, dus baie goedkoop.

Die kuslyn is regtig pragtig!





Ek is mal oor die engelse vertalings, ten minste kan ek dan verstaan, maar hulle vertaal baie direk, baie oulik!

Hier is Fran en Jenny, sy is baie oulik. Sy het 5 jaar in Engeland gebly, maar mens moet steeds mooi verduidelik en nie te vinnig praat om sinvolle gesprekke te he.

Nog 'n oulike bord, hier staan "In front of danger, Don't across the railings"

No comments:

Post a Comment