Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Friday, December 17, 2010

IKEA heaven

Ek was gister vir uitstappie IKEA toe! Dis amazing en ek wil alles daarbinne he. Ek het letterlik amper uitgepass van opgewondenheid! Kan nie glo ons het nie een in SA nie! Gaan Sondag vir Fran neem en hopelik AL ons kersfees shopping kan doen, hulle het mooiste bome en versierings! Die drywer gaan ons Saterdag op 'n sightseeing trip vat en Sondag shopping!

Gisteraand het ons 'n cocktail klas in die hotel bygewoon, was baie lekker en ons het nog bietjie expats ontmoet wat in die hotel bly.
Verder het ek vanogg probeer wasgoed was! Maar ontmoontlik om 'n wasmasjien in chinees te probeer uitfigure! En nog meer onmoontlik as die housekeeper my probeer wys wat om te doen, ook in Chinees! Het maar later met die hand 'n paar goedjies gewas. Verder is dit vandag bietjie warmer en die son is lekker uit!

No comments:

Post a Comment