Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Tuesday, December 14, 2010

Travel


Die Himalayas! Km's van berge en sneeu! Ongelooflik mooi, het so naby gevoel en ons was op 33 600 voet. Die wolke voel asof dit uit die berge ontstaan, lyk pragtig!
Ek het 11:30 in Beijing geland, en eers volgende oggend 8:20 uitgevlieg, hierdie was my spot of choice, lekker gesit en slaap en die horlosie dopgehou!




Land in Dalian net voor 10, wit gesneeu, en bitter koud! My 1ste ervaring met sneeu! Ongelooflik!


Ons kombuisie, lekker groot, sal moet begin kook!

View uit ons kamer van hawe met sneeu.

Ek is in Dalian, yey!!! Het nog nie vir Fran gesien nie, want hy mos heeldag nog by werk, maar ek en sy drywer gaan hom 3h gaan haal, of wel dis wanneer ons sal vertrek, met sneeu vat dit tot 2ure en 30 min tot by fabriek, gewoonlik net 1h. Ek het eers nou lekker geslaap en voel weer fris en vars!

Dis ysig ysig koud hier, ek was nog nooit in sulke koue nie, so 'n shock vir my sisteem, maar love dit. Die sneeu le orals en lyk pragtig, gister was -11 en dit word blykbaar nie baie so koud hier nie en sneeu baie min. Kan nie nou te lank tik nie want drywer tel my oor 10min op, so gedink ek laai net gou 'n paar foto's op.

No comments:

Post a Comment