Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Monday, December 20, 2010

Naweek uitstappies - Deel 1

Ons was Vrydagaand baie lus vir Mario's(ons gunsteling restaurant in Knysna), so ek het dringend begin soek na enige Italiaanse restaurante in die omgewing, kom toe op Olive Tree af, net oorkant ons hotel! Was verseker nie 'n match vir Mario's nie, maar ons kan darem se ons het probeer en ons lus vir Italiaanse kos dan ook vir eers oor.

Die kaggel was baie fake! Ons wens hier was iewers 'n plekkie waar ons 'n vuurtjie kan maak!

Fran het Pizza geeet en ek Spagetti Bolognaise(was meer 'n lasagne), beslis baie goed vir China!

Ons hotel doen baie moeite om in die "Christmas Spirit" te kom! Het vandag saam met 'n Deense vrou gaan shop(sy was in hotel se bussie), en sy desperaat om so na as moontlike Kersfees hier te hou as in Denemarke, sy wou by my weet waar sy 'n oond en 'n varkboud kan koop! Sy was redelik afgehaal na die uitstappie omdat sy nie eintlik die goedjies wat sy gesoek het kon kry nie! Ek sal moet begin werk aan 'n spyskaart vir Kersfees! Ek dink Eend is dalk die naaste wat ek aan vleis gaan kom!

No comments:

Post a Comment