Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Monday, December 13, 2010

Gina ook oppad

Ek is darem ook uiteindelik oppad China toe, sit tans op Dubai se lughawe en wag vir my aansluiting. My totale traveltyd gaan so 34h wees vanaf Kaapstad tot Dalian, so hierdie is maar nog net die begin. Ek begin Sondag in SA en eindig Dinsdag in Dalian. Maar Dubai se lughawe redelik cool, kry nie lekker die klere winkels nie, maar dis dalk 'n goeie ding. Spandeer ook so 10ure op Beijing se lughawe en hopelik sal ek iewers daar kan inbook by 'n hotel.


Fran se dit is -10 grade in Dalian en sneeu, so ek nogal opgewonde om die sneeu en koue bietjie te ervaar!


Gaan nou eers nog bietjie shop, sal weer probeer blog in Beijing!

1 comment:

  1. Swak Gina, van wanneer af kry jy nie die klerewinkels nie? Tyd om jou tor te re-calibrate.
    Ernst

    ReplyDelete