Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Saturday, December 11, 2010

I Love China

Hier is sommer 'n paar fotos van my werk.

Hier is ek en my drywer (Xue Song) saam in die kliniek.
Hier is 'n biejie sneeu wat geval het buite my venster van die kliniek. Dit was moer koud toe!
My uitsig so teen 4h40.
Hier is die uitsig van die fabriek van die kliniek af. Ons gaan nog later na binne die fabriek skuif. In die foto is die ander dokter met wie ek roteer.

Ek is bietjie verkoue op die oomblik en moes pille gaan kry by die apteek. Afgesien van die feit dat jy bykans enige iets oor die toonbank kan koop was dit glad nie maklik om pille te kry nie. Tussen my en my drywer het ons op die ou end darem die medikasie gekry.

Ek het vandag die eerste keer Dalian in die daglig besigtig. Gewoonlik as ons in die oggend 7h ry is dit skemer en swart nag teen 5h oppad terug. Geen sightseeing gedoen nie, maar Xue Song het my na die grootste elektroniese winkel gevat wat ek in my lewe gesien het. Dis seker ten minste 2 rugby velde groot!

Dis net mense waar jy kyk. Motors, geboue, busse en mense. Selfs die deure na die supermark en winkels is nie swaaideure nie, maar hangende lap/plastiek, sodat vloei verbeter en daar nie 'n opeenhoping is nie. Niemand gee ook om as jy aan hom stamp of vasloop nie, want dit gebeur so baie. Tog in al hierdie chaos, werk alles seepglad(behalwe die verkeer), omdat elke mens sy taakie het en hy doen dit goed.

Ek wag nou net vir Gina om te kom dan sal ons bietjie sightseeing gaan doen. Blykbaar is Dalian soos Kaapstad van China.

So ver ervaar ek die mense baie behulpsaam en vriendelik kan geensins aan iets sleg dink nie.

I love China...so far.

1 comment:

  1. Dit lyk baie cool! Lekker gelag vir die hard-hat! Enjoy - dis omtrent 'n avontuur!

    ReplyDelete