Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Friday, December 31, 2010

Happy happy 2011


By ons tik die ure vinnig af na nuwe jaar, dis nou 18:00 hier by ons en ons gaan die aand in die bed/of nee tussen die bed en die badkamer deurbring!!! Nie uit keuse nie, ons is plat getrek met ons eerste sarsie Voedselvergiftiging! Die timing is sowaar fantasties!!! Myne het al gister begin, maar Fran sin eers vandag, sy immuun sisteem mos altyd sterker as myne, maar nou is hy heelwat sieker as wat ek is. Ons nie heeltemal seker waarvan ons siek geword het nie, maar is vir eers af van vleis.
Seker almal van julle gaan dus 'n beter begin he vir 2011 as ons, maar gelukkig is daar tonne vermaak op TV en is ons darem albei siek! Die sjampanje sal maar nog bietjie op die ys moet le, maar hopelik kan ons later in die naweek ordentlik 2011 verwelkom.
Hoop julle gaan groot waar ookal jul in die wereld is! Drink maar 'n glasie op die Nuwe Jaar vir ons part ook! Mis julle vanaand ekstra baie!!!

Wednesday, December 29, 2010

Uiteet, 'n Avontuur

Ons het gisteraand by 'n Koreaanse/Japanese Restaurant gaan uiteet. Dit was amazing en regtig 'n avontuur. Ons drywer moes ons in begelei en aan hulle oordra dat ons die "eat as much as you can" sal eet teen 148RNB per persoon, dit sluit drinks in, mens kan regtig glad nie met die mense kommunikeer nie. Vrek goedkoop vir my, maar baie duur in Chinese terme. Die plek se dekor was modern en die kos heerlik.

Fran voor die restaurant.

Die sushi counter, mens kan darem wys en beduie, maar ons nooit daarby uitgekom nie want hulle het ons so geforcefeed, ons nie daarby uitgekom om nog goed te bestel nie.

Hierdie een aan die linkerkant was Fran se gunsteling, die skulp was baie interessant! Nogal effens soos Arikreukel, maar nie so geurig.

Die sashimi platter, yum!

Ons het see pampoentjie geeet, dit was baie weird! Die goed se voellertjies beweeg nog, bietjie grillerig, maar interessante tekstuur en smaak. Kyk Fran se gesig, hy hom verkyk aan die voeller goedjies wat beweeg.

Hier begin hy so half uit die bak uitklim, ek is seker dit lewe nie regtig meer nie? Maar Fran was nie so seker nie. Jy kon sien die waiters kom se ons moet dit nou eet sodat hulle dit kan wegneem. Natuurlik kon ons nie lekker verstaan nie!

Ons is glad nie seker wat ons hierbo geeet het nie, maar dit was verseker heerlik! Dit was klein patatjies en gelyk soos 'n stuk vleis met 'n groot been, maar was verseker vis, meer soos tuna geproe, maar die been heeltemal te groot. Ons dink dit mag dalk haai wees! Gelukkig sal ons hopelik nooit weet nie. Dit was vrek lekker, murgsag, kon met stokkies eet.

Aaklige foto van my, maar al een met die vis op, lekker gebraaide vis! Baie lekker.

Wag vir Xui Sung om ons te kom haal, brrrrrrrr.

Die groot trek


Ons het gister getrek vanaf die 13de vloer na die 23ste vloer. Ons nuwe flat nommer is 2302, ek sommer 'n Chinese Nuwejaars charm op die deur gehang om bietjie in die spirit te kom, Nuwejaar is hier baie groot! Die huurkontrak is hernu vir volgende jaar en hulle het ons geskuif na 'n nuwer woonstel. Ek het darem nou 'n oond, waaroor ek baie opgewonde is, dit maak my opsies vir resepte en kos darem bietjie groter.

Die woonstel lyk maar baie dieselfde, maar die banke en oortreksels net bietjie nuwer.

Al slegte ding, die bed is helfde kleiner as ons vorige een, Fran se voetjies hang nou bietjie af, hiehie.

View van kamer se kant.

Monday, December 27, 2010

Ho Ho Ho


Hoop julle het almal 'n heerlike Kersfees gehad! Ons 2 het ons gate uit geniet en die beste van ons Chinese Kersfees probeer maak.

Ons boompie van IKEA en liggies van die mark met Chinese lucky charms as kersversierings.

Hier is nie eintlik baie Kersfees opsies in die winkels nie, so my Kerstafel lyk baie "kitch" maar beste wat ek kon doen.

Die kos het heel lekker uitgekom, en ons kon nie deur die helfde van ons menu kom nie!

Ons drywer het vir ons 'n Chinese teestel gegee, baie oulik!

Franni in sy geskenke, nuwe mooi serp en met sy Swatch Watch om die arm. Hy het ook Jenga, 'n dartboard en nuwe mannetjies vir voor in sy "eendag" landrover gekry, verder ook 'n nuwe polaroid kamera van sy ma-hulle gekry, hy is redelik opgewonde daaroor!

Fran het baie kreatief geraak met sy geskenke!!! Ek is omtrent bederf. Hier is ek in my nuwe slippers, Picasso prent wat hy laat druk het, my Chinese teddie(van een van sy medewerkers). Dan het ek ook 'n warmwatersak gekry met sy eie element wat die water van self kook, vrek oulik. Ek het ook 'n chinese stempel en ink gekry met my naam in Chinees, beslis my gunsteling gift van hom. My ma het vir my die mooiste hasie oorbelle gegee, ek is mal daaroor!
Dis ook so perfek omdat 2011 in China die jaar van die hasie is!
Dankie vir almal se sms'e, e-mails en Skype gesprekke, julle het ons Kersfees ekstra spesiaal gemaak!

Friday, December 24, 2010

Geseende Kersfees!


Kersfees is beslis my gunsteling tyd van die jaar! Ek is gewoond aan BAIE familie en BAIE geskenke, so hierdie jaar gaan beslis anders wees, maar verseker ook lekker! Ek en Fran hou vanaand alleen Kersfees en gan beslis die beste daarvan maak! Ons hoop julle almal geniet mekaar, die somer, son en liefde! Ons mis dit verseker en wens ons kon vanaand kom deel in julle fees! Ons hoop julle Kersfees is gevul met baie liefde, lag en BAIE geskenke! Lief vir julle en mis julle baie. Ons voel verseker baie Geseend hier ver in die vreemde en wonderlik om Jesus se koms ook hier te kan vier!
Ons het darem probeer om soveerl moontlik geskenke vir mekaar te koop, baie van dit maar net nonsens, maar ten minste iets om oop te maak, yey!
Die hotel het sopas 'n GROOT koekie (gemmer) kom aflewer en "Merry Christmas" kom se! Baie oulik, ook 'n klein pakkie koekies en broodjie gebring. Dit voel regtig baie "Festive" hier!

Hier is my Kersfees kos inkopies! Ons gaan beslis nie honger lei nie!
Op die menu:
Canapes:
-Beskuidjies met Brie en Bloukaas en Sweet Chilli Sous (mens waardeer die weirdste goed hier, mens kry omtrent glad nie kaas hier nie en ek uitgefreak toe ek die Brie en Bloukaas spot!)
-Worsies met Mostert sous
Voorgereg:
-Sushi
Hoofgereg:
- Hoenderborsies gevul met brie en wrapped met Bacon in 'n tamatiepuree sous
- Varkfillet en Hamrol
- Couscous met rooi en geel peppers
- Brokkoli met mosterdsous (kon nie kerrie kry nie, so dink nie ons resep gaan lekker werk nie)
Nagereg:
- Waffels met stroop en roomys
Laataand:
- Hot Chocolate en baie chocolates
Geseende Kersfees en weet dat ons julle ongelooflik baie mis! Baie liefde uit 'n baie koue China!

Wednesday, December 22, 2010

Gelukkige Verjaarsdag Mamma en Wiaan



Baie geluk met julle verjaarsdae!!!! Hierbo is dit in Chinees!
Hoop mamma het 'n ekstra spesiale dag en dat ma lekker bederf word. Wens ek was daar om saam koek te eet!
Prinsie, weet jy het 'n baie interessante bday gehad, hoop die vieringe gaan nog lekker aan! Kan nie wag om fotos van die "pie fight" te sien nie!

Naweek Uitstappies: Shop till you drop

Ons was Sondag op 'n shopping ekspedisie om te probeer om Kersfees geskenke vir mekaar te kry, ek het eers vir Fran IKEA gaan wys, maar hy was nie so opgewonde soos ek nie! Obviously is alles vir die huis, so nie so prakties om goed daar te koop nie, maar steeds awesome! Saterdagaand het Xue Sung ons ook die groot malls gaan wys, daar is op een plek omtrent 4 malls bymekaar met so 4 tot 6 vloere elk, masief groot en voel asof mens dae daar kan spandeer. Hieronder is 'n paar foto's. Daar is omtrent alle brands en goed waaraan jy op aarde kan dink hier.





Ons is toe na die markte, uiteindelik die plek waarna ek soek. Dis vloere en vloere vol goed, ek gaan beslis op my eie gaan, want Fran en Xue Sung kon nie te lank uithou nie. Ek beplan om more heeldag daar te gaan spandeer, Xue Sung het die naam mooi in Chinees op papier neergeskryf so ek sal more my eerste taxi rut aandurf. Weetie hoe ek gan bargain nie, maar ons sal maar sien. Niemand sal hier 'n woord engels kan verstaan nie.





Ek het ook uiteindelik 'n lekker winkel gekry wat meer goed verkoop wat ek ken. Die Carrefour is ook net so km se stap van my af, so ek kan sommer stap daarheen. My half vrek gedra gister terug met al die sakke, maar kon darem bees maalvleis kry!!! Ek kon oor die maan spring! Het ook hoenderborsies en vark fillets hier gekry! Yey. Kyk hoe oulik verpak hulle die maalvleis hierbo, en wys darem met koei prentjie wat dit is! Was heerlik.

Wou sommer wys dat alles regtig net in Chinees is, weet nie of julle lekker kan sien nie, maar al is die Coke kan mens die brand uitmaak maar dis in Chinees geskryf, die pespi, sprite ens, net in Chinees, click op foto en kyk bietjie, dis baie snaaks. Gelukkig kan mens ten minste branding wereldwyd verstaan! Daar is ook 'n hele ry ingevoerde produkte in die Carrefour, so ek het lekkerste hot chocolate(ingevoer van Belgie) en rye pastasouse van Italie kon koop. Sal darem verseker nou nie elke aand chinese noodles hoef te eet nie. Ons het nou die aand by die lekkerste Chinese noodle plek saam met mense van werk gaan eet, en dis kos so R8 per bak noodles, onmoontlik om op te eet en heerlik! Ons rekening met drinks was R26! Belaglik!

Monday, December 20, 2010

Naweek uitstappies - Sightseeing

Ons drywer en Jenny(verpleegster wat saam met Fran werk) het ons Saterdag op 'n Sightseeing uitstappie gevat, dit was regtig baie mooi en Dalian sal beslis awesome wees in die Somer. Hulle het ons na een van die "resort" dele geneem wat blykbaar baie besig is in seisoen, alles was egter Saterdag meestal toe.

Hierdie is op een van die beaches, die sand nogal grof en donker. Die boustyl van die gebou langs die stuk kus baie mooi en modern.

Orals is daar mooi paadjies en tuine, alles baie mooi versorg.

Die son het lekker geskyn en was regtig pragtig, kan nie wag om weer te gaan as dit bietjie warmer is nie!

Sommer nog woonstelle en huise, hier is die geboue en huise heelwat kleiner en meer ruim as in die stad, dis blykbaar baie duur hier, maar hulle kon nie vir ons se hoeveel dit sal kos nie.

Ons het gestop by 'n park, met heelwat standbeelde en al die Chinese nuwejaars gebruike, ons staan hier onder die "lucky" altaar.

Ek is gebore in die jaar van die vark, so hier staan ek by my jaar se simbool/beeld, Francois is in die jaar van die hond gebore. Dis baie dieselfde as ons sterretekens.

Ek dink dis gewoonlik 'n stroompie wat hier loop, mal oor die foto!



Hier kan mens 'n blokkie ophang met jou naam op en dan spesifiek een koop wat 'n wens op het, bv rykdom, lang lewe, geluk etc.
Ons het toe gaan uiteet in 'n Chinese restaurant, dis great as ons saam met Xin Sung en Jenny kan gaan want dan kan hulle ten minste alles vir ons wys en verduidelik. Dit was 'n baie oulike plek, jy kan vars vis, krap, haai etc kies en dan maak hulle dit vir jou gaar, sien foto hieronder met tenke.



Jy kan ook borde kies en pryse voor dit sien, dan berei hulle dit ook vir jou voor.

Dit was die eindproduk, ons het Sweet en Sour Vark, Groente, "Beef hotpot" met tamatie en prawn en cashew stirfry gehad, alles was regtig baie lekker. Ons sal beslis die vis, krappe ens weer gaan uitprobeer, maar Jenny en Xie Sung het gese dis lekkerder as dit somer is. Al die kos, sap ens vir ons al 4 was 170RNB, wat dieselfde is in Rand, dus baie goedkoop.

Die kuslyn is regtig pragtig!





Ek is mal oor die engelse vertalings, ten minste kan ek dan verstaan, maar hulle vertaal baie direk, baie oulik!

Hier is Fran en Jenny, sy is baie oulik. Sy het 5 jaar in Engeland gebly, maar mens moet steeds mooi verduidelik en nie te vinnig praat om sinvolle gesprekke te he.

Nog 'n oulike bord, hier staan "In front of danger, Don't across the railings"