Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Sunday, June 12, 2011

Vienna

Vienna is 'n waarlike kunsstad. Daar is musiek oral op die straat en meer teaters as toilets! Almal staan rye om kaarjties te koop na 'n vertoning en die strate is vol kaartjiesmouse aangetrek soos karakters uit shakepeare se 'plays'. Oral is jolige mense tot laat in die aande en almal eet...Viennas! Sommer net so met mostert. Snaakse klomp. Ons het gebly in 'n Backpackers(baie cool plek), maar moes deel met 2 ander knape. Die een het ongelukkig 'n snork probleem gehad en ek het vir 2 aande meeste van die tyd wakker gele en my medemens gevloek! Oorkant ons blyplek was die Nachtmarkt waar hulle alles verkoop van vars groente en vrugte tot ou horlosies en leerbaadjies. Een masiewe gosie-winkel. Vienna en sy mense het baie gekultuveerd gevoel en ek het dit 'n paar keer oorweeg om sommer op straat te begin wals en sing.
Hier 'n paar van die dinge wat ons gesien het in Vienna:


Hier staan Gina voor die Hofburg Paleis se agterkant. Die hofburg familie het in die 1700's baie van Oos-Europa besit en was nogal 'n magtige familie. Die Paleise wat hulle laat bou het was baie uitspattig en massief!


Hier het ons dag begin by die Albertina teater. Ons het die kunsuitstalling gaan kyk aangesien ons gehoor het daar is 'n uitstalling van William Kentridge(Suid-afrikaner). Ons moes toe maar tevrede wees met 'n paar Picassos en Monnet's...


Hier is Gina aan die voorkant van die hofburg Paleis.



Hier is die binnekant van die Stephansdom katedraal. Die gekleurde vensters verkleur die kerk aan die binnekant as jy die son reg vang. Ons was gelukkig met op die regte tyd daar.



Hier speel daar selfs musiek terwyl jy op die troon sit!



Ons het na die Lippezaner oefening gaan kyk. Dit was baie nice om te sien. Jy mag nie fotos neem nie, maar ons het natuurlik nie geweet van die reeling toe ons daar aankom...



Die nachtmarkt oorkant ons blyplek. Ek het die grootste tamaties en vye daar gesien!!



Hier is die Hunderwasser huis. Dit was een van die coolste plekke om te sien.



Ek en Gina op die heuwel by die Schloss Schonbrunn kasteel. Van die kop af het mens 'n goeie uitsig oor die stad en die ongelooflike tuine! Hierdie was natuurlik die Hofburg familie se vakansie plekkie en hulle somer paleis! 'Some guys have all the fun'!



Gina voor die Belvedere kasteel. Ook maar net 'n ou somer woningtjie van 'n familie in die 1700's. Hierdie kastele was in die ou tyd ver buite die stad en nou is dit amper deel van die middestad.

No comments:

Post a Comment