Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Monday, June 13, 2011

Krakow-Auswitch

Ons het gister in Krakow aangekom met 'n redelike lang trein rut. Van die stasie het ons besluit om na die hotel(backpackers) te loop deur die dorpie, en dit was verseker die moeite werd! Krakow is een van die mooiste en mees betowerende dorpies wat ons al in was. Dit lyk uit die 1500's maar met 'n atmosfeer van die Kaapse middestad en beter. Oral is mense op straat en daar is net restaurante en kunstenaars waar jy kyk. Ons het dadelik ingeval by die locals en 'n bier teruggeslaan op die plein in die middedorp. Daarna het ons die kasteel besoek en dorp verder verken tot die son gesak het teen 21h30!
Vandag is ons vroeg uit die vere om Auschwitz(Natzi konsentrasiekamp/doodskamp) te besoek. Dit is seker een van die mees onwerklike goed wat ek in my lewe al gesien het. Afgesien van hoeveel stories jy al gehoor het, is mens nie voorbvereid om die werklikheid te sien nie. Ek dink dit het nog steeds nie ingesink nie. Die skokkendste ding vir my is om te dink dat die kampe net vir 5 jaar daar was en meer as 1.5 miljoen mense daar doodgemaak is...
Ons het natuurlik toe ons terug is in Krakow die smart verlig deur te gaan eet by 'n regte Poolse plek en daar na 2 keer onsself te vergoed met roomys!

'n Voorbeeld van hoe die strate hier lyk. Dit is by verre nie die mooiste straat wat ek hier afgeneem het nie, maar jy kry die idee.


Hier is die kasteel aan die binnekant. Dit sit op 'n heuwel en kyk op die dorpie uit. Het sy eie katedraal en muur reg om die kasteel.



Die ingang na Auschwitz. 'Arbeit macht frei' is die leuse op die hek. Dit is die leuen wat aan soveel van die gevangenis vertel is wat daar aangekom het en gebruik is vir 'cheap labour'. Meeste het net 3-4 maande bly leef.



Weerskante van die draad is die Barrake waar die mense moes bly. So 700-1000 op 'n slag in een barrake gesit.



Hier is 'n sel wat gebruik was as 'n gevangene gestraf moes word. Gewoonlik is hulle aangehou totdat hulle sterf, of hulle is veroordeel en doodgemaak. Jammer vir al die somber detail...



Net langs Auschwitz is Birkeneau(0ok Auschwitz II). Die kamp is gebou omdat die ander een te klein geraak het en is waar meeste Jode doodgemaak is in Gaskamers. Hier moes die mense in die hout barrake bly, wat voorheen vir perde gebruik was. 50 perde, nou 700 mense.



Die trein het deur die hek gekom en binne die kamp gestop, waar die mense verdeel is en reguit na die gaskamers gestuur is.



Terug in Krakow, shoe. Een van die vele mooi deure in die strate. Gina besig om op te lees waar sy wil gaan eet...te veel opsies!


Die plein in die aand, heel aan die gang. So baie mense, en dit op 'n weeksaand.



Straatvertoners is die hele plek vol en gee 'n lekker atmosfeer aan die aand.

No comments:

Post a Comment