Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Thursday, June 30, 2011

Santorini eiland

Santorini was die eerste eiland wat ons besoek het na Athene. Ons het daar uitgekom met 'n speedboat, 'n groot speedboat. Santorini is letterlik 'n eiland van 2 werelde. Daar is die plat deel aan die een kant, waar die strande en die wingerde is en dan is daar die heuwels aan die anderkant waar al die restaurante en hotelle is. Dit is die gedeelte waar almal(en ook ons) meeste van die films laat rol het! Ons het gebly in 'n lekker plek waar Mr George Katsepis ons ontvang het. Ongelukkig was George meer aantreklik as meeste mans in Men's Health, so die dames onder ons het dit redelik geniet. Heeldag het ons die eiland verken en ek het selfs my skoonouers op 'n motorfiets gehad! Ons het 'n daguitstappie gevat na die Vulkaniese eilande toe en die aande ons trommeldik gestop met die griekse kos! Die eiland het verseker van die beste uitsigte vir sonsondergangs en dit gevoel vir my soos my tweede honeymoon...behalwe vir die feit dat my skoonma daar was! Ek en Gina het die een dag die oudste ondergrondse kelder in Santorini gaan besoek en bietjie van hulle wyn geproe(Ek sal daardie fotos later oplaai). Santorini was by verre die hoogtepunt van Griekeland(George Katsepis uitgesluit) met die mooiste huisies en heuwels...ek sal nie hulle wyn aanbeveel nie!

Hier is 'n kerk in die Oia gedeelte van die eiland. Daar is baie kerke op die eiland.

Die hele eiland is wit en blou geverf...die hele eiland.



Hier is nog kerke.





Hier is donkies, of meer muile wat gebruik word om op en af te stap teen die bult en mense te vervoer van die ou hawe na bo.



Hier is hoe die 'hoofstad' van Santorini lyk. Aan die onderkant kan jy sien die trappe wat af gaan na die hawe.



Trappe na nog 'n kerk...



Drie apies op 'n muur terwyl die son sak.



My bruid...



...



Die 'son sak kant van Oia, die plek waarna almal gaan rondom sononder.



Gina inspekteer 'n donkie...muil van nader.



Ons op 'n boot oppad na die vulkaniese eilande. Dit is blykbaar hoe die eiland gekom het om te lyk soos dit lyk. Klein eilande van swart vulkaniese rots en sand wat oorgebly het.



Pa Johan op die vulkaniese eiland...wys vir ons die pad huis toe.



Die ou hawe met die pad op na die die dorpie.

No comments:

Post a Comment