Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Friday, June 17, 2011

Krakow-Soutmyn

Ons tweede dag in krakow is het ons bietjie ingele voor ons vertrek het na die soutmyne. Eers het ons deur die ou Joodse area gestap oppad na die treinstop. Dit is 'n area wat vol jongmense en kunstenaars is en het 'n lekker atmosfeer.
Die soutmyne is nogal indrukwekkend om te sien maar was vir ons bietjie teleurstellend aan die einde. Dalk het ons te veel verwag. Behalwe die hoofgebou(ondergrondse kerk) en die feit dat jy 120m onder die grond is, was daar nie veel ooo's en aaa's wat ek gehoor het nie. Die mees opwindendste deel was die senutergende rit na bo met die myn-hyser!
Die aand het ons vertrek na Praag.


Hier is Gina by 'n Mini wat ons teegekom het in die Joodse area.


Besig om die soutmyn op te lek!




Die hoofsaal/kerk wat onder die grond gebou is. Oral teen die mure is potrette uitgekap wat nogal indrukwekkend is. Ook alles gedoen deur myners en nie kunstenaars nie!




Die 'Ride of death', soos ek dit sal noem. Niemand vertel jou van die deel voor die tyd nie. So 4 mense in die oop hysbak op 'n slag, dan spoed jy na bo terwyl die muur(en jou lewe) voor jou oe verby flits!




Ons het die nagtrein na Praag gevat. Dit was 'n belewenis op sy eie. Moes 'n hok deel met 4 studente van Wallis. Hulle het gesorg vir goeie vermaak. Dit voel of jy 'n aand in Auschwitz deurbring op die trein!

No comments:

Post a Comment