Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Thursday, June 9, 2011

Budapest-BUDA

Ons het vanoggend vertrek na die Buda gedeelte van die stad, nadat ek twee Panados gepop het vir lyfpyn. Die term 'Poking Pain' wat al vele male aan my beskryf is het vir die eerste keer sin gemaak!
Buda is die ouer gedeelte van die stad en baie meer hewelagtig. Ons het die 'Matheas Church' eerste besoek en is daarna op 'n staptog na die 'Buda-Castle'. Ook is die Parlements gebou, 'Liberty monument', 'St. Gillert', 'Fisherman's Bastion' en 'Synagogue' besoek. Dit was weer 'n bedywige dag, maar ons het onsself beloon met 'n heerlike Burger en bier weer by RING(ek dink dit is my gunsteling plek in Budapest...). Aangesien dit 'n koue dag was en heeltyd bewolk, is die kwaliteit van die fotos nie so goed. Dit het ons egter nie gestop om die wysvinger goeie oefening te gee!!


Gina voor die Matheas Kerk. Hy het 'n besondere dak wat in die 1900 eers gebou is, so redelik nuut. Binne is die kerkie maar eenvoudig...bietjie mors van tyd.



Dit is die uitsig van die 'Fishermans Bastion' af. Agter Gina le die kollesale Parlements gebou wat ons later besoek het.



Die Parlements gebou is die grootste in Europa(3m groter as die een in Engeland) en die 3de grootste in die wereld. Nogal 'n goeie stukkie vakmanskap en ongelooflik baie goud in die gebou ingewerk. Blykbaar kon hulle 'n stad vir 40000 mense gebou het vir dieselfde geld wat vir die enkele gebou gebruik is?!


Hier is 'n idee van die stad. Buda aan die Linker kant(heuwels en boomryk) en Pest aan die regterkant(Plat soos my sak), Duna rivier in die middel.



Gina by St Gellert...weet nie regtig wat die knapie gedoen het om dit te verdien nie, maar ek hou die meeste van die monument.

No comments:

Post a Comment