Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Thursday, June 23, 2011

Berlyn

Ons het Berlyn besoek aan die begin van ons trip en toe weer Oos-Europe afgesluit met 'n dag uitstappie daar. Die eerste keer het ons soos 2 besetendes rond gehardloop om so veel moontlik te sien as wat ons kan, en oor ons lywe nog vars was en voete nog nie in hulle moer gestap was nie. Toe ons die tweede keer teruggekom het was dit 'n heel rustiger storie.
Berlyn was vir ons baie lekker om te besoek, veral die hele muur storie. Mens kry 'n baie beter idee van al die stories wat jy al gehoor het. Daar is so baie goed om te sien en baie interessante mense om te sien. Almal voel en lyk of hulle kunstenaars is.
Daar bestaan ook twee werelde in Berlyn volgens my. Die een is bo grond waar alles goed en reg werk, alles is op tyd en almal is vriendelik en behulpsaam - die perfekte eerste wereld vol BMW en Mercedes. Die ander is die ondergrondse wereld van kunstenaars en bedelaars(of almal) op dwelms, jongmense sonder maniere en reels en 'freaks' wat rondhang met swart geskeurde klere en brandsiek honde in die U-bahn stasies vol grafitti. Dis asof alles in Berlyn goed werk en perfek is, solank jy jou rug draai op daardie ondergrondse wereld.
Ek sal Berlyn aanbeveel vir enige iemand om te besoek!!


Gina by die Victory Column. Ek kan nie onthou wat die victory voor was nie, maar dit is nogal baie cool. Ons het opgeklim tot bo en 'n 360 grade uitsig van die stad gehad.


Ons het die nuwe museum gaan besoek wat opgerig is oor die Berlynse muur en die regering van die Nazis. Dit was nogal ontnugterend. Gina staan hier by 'n muur van Joodse registerkaarte van die wat doodgemaak is in die oorlog.


'n Stuk van die muur wat nog staan...met Grafitti.


Hier is die Memorial site wat hulle gebou het vir die Holocaust. Dit bestaan uit honderde blokke wat grafte verteenwoordig. Almal is verskillende hoogtes en grootes.


Twee apies voor die Berlinner Dom.


By Checkpoint Charlie, een van die deurgangspunte toe die muur nog gestaan het.


Gina staar na die Brandenberger Gate.


Brandenberger Gate was die Skeidingshek tussen die ou oos- en wes Berlyn.


Die ou Parlements gebou(Bundestag) met sy nuwe 'dome-shaped' dak. Dit is 'n baie indrukwekkende gebou.


Gina onder die die 'dome'. Kan ook die hele Berlyn van daar sien.

No comments:

Post a Comment