Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Saturday, June 18, 2011

Praag

In Praag het ons vroeg die dag die stad begin verken. Ons het 2 walking tours gedoen. Een van die ou stad gedeelte en die ander van die Kasteel gedeelte. Ons moes so veel moontlik van die stad in een dag sien aangesien die publieke vervoer mense gestaak het die volgende dag en ons blyplek nie naby aan die stad was nie!
Praag is 'n ongelooflike mooi stad en daar is blykbaar 9 toeriste vir elke inwoner. Ek kan daardie statistiek glo, want daar was so hier en daar 'n vertrapping.
Die dag van die staking het ons besluit om as 'n rusdag in te stel. Laat geslaap, oral net gedrink en geeet, maar op die ou end verder as ooit gestap!



Die katedraal by die Hofberg Kasteel! Die plek is gebou oor 'n tydperk van 1000 jaar(ja...1000). Die manne kon net nie klaar kry nie. Baie verskillende boustyle ook in die een gebou, baie snaaks om te sien.


Meeste vrou vat blykbaar aan die mannetjie se...brons pypie. Ons toerleier van alby toere was dieselfde man. Hy was baie goed en ons het die hele tyd gelag1



Hier is die anderkant van die katedraal. Hy staan in die middel van die kasteel.





Die tipiese strate van Praag.



Ek en Gina op die bult by die kasteel tussen 'n klein stukkie wingerd! Praag in die agtergrond.


Hier is die ingang na die Kasteel.



Ons drink bier by die brouery van die 'Monks'. Die manne het 'n wille besigheid daar aan die gang. Hulle maak ook wyn! Wie het gese dit betaal nie om in die bedienning in te gaan nie?



Die bekende Charles bridge. Alles in Praag het die naam 'Charles'.



Gina bewonder 'n stukkie kuns in die middedorp.



Nogal baie Grafitti in Praag te sien. Oral op alles en nie altyd so mooi nie.

No comments:

Post a Comment