Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Friday, June 24, 2011

Athene

Ons is na Europa Griekeland toe om te gaan kyk of ons kan sien waar die wereld begin het. Ons het ook daar vir Pa Johan en Ma Marie gekry na hulle Boot cruise op die see. In Griekeland het ons(ek en Gina) die eerste dag 'n staptoer gevat om ons bietjie te orienteer en toe die volgende dag het ons almal saam na die toeriste gate gegaan. Athene was bloedig warm en 'n heel anderse kultuur oorheers as in die res van Europa. Die Grieke is maar net soos mens dink 'n Griek moet wees. Niks is 'n probleem nie, niks is 'n gejaag nie, niks werk of is georganiseerd nie en niks is verdomp verniet of goedkoop nie! Dit is by verre die duurste van al die lande wat ons tot dusver besoek het en mens kan sien hulle is besig om in hulle moer te gaan. Die mense is besig met 'n helse betooging in Athene(teen die regering) en ons wens ons kon lees wat die plakkate se. Ons kon wel die uitmaak met die streep deur die president se gesig, en dit se genoeg.
Dit was merkwaardig om te sien hoe oud die geboue en die argiologiese besienswaardighede is en jy besef dan hoe oud die res van die wereld is en hoe jonk ons ou Suid-Afrika is! Ons blyplek was nie in die middedorp nie en ons het heelwat gestap in die hitte, maar dit was die moeite werd. Hier is 'n paar dinge wat ons aangevang het.


Ons het 'n kolletjie koelte gevind - die Akropolis in die agtergrond.


Die 'changing of the gaurds'. Dit is omtrent 'n storie en 'n show. Die manne is aangetrek soos vroulike hansworse en stap soos skouperde, 'n ware sirkus!


Hier is ons toergits van die staptoer...hy lyk soos 'n ware Griek!


Hulle is besig om die Pantheon oor te bou al van die 1980's af. Dit gaan maar 'n tydjie vat as ek die storie so kyk. Dit is nog steeds 'n ongelooflike gebou om te sien, veral as jy dink dat hy binne 11 jaar gebou is BC!


Ons vier apies voor die Pantheon. Son besig om ons te eet!


Hier is een van die mark pleine naby die vlooi mark. Die Akropolis in die agtergrond. Jy kan dit van meeste plekke in die stad sien.


Ons wag vir 'n bus...baie swak publieke vervoerstelsel in vergelyking met die res van Europa.


Een van beste behoue geboue in die hele Athene. 95% nog van die oorspronklike gebou is behoue. Lyk soos kleiner weergawe van die Pantheon.



Die ou Biblioteek in Athene. Meeste van die plek is al afgebreuk. Hulle het ook van die pilare gerestoreer - die wit dele.


'n Lekker toeriste fototjie...lekker lekker. Gina by die 'Temple of Zeus'. Dit was blykbaar die grootste van al die tempels, maar daar is omtrent niks oor nie.

Vir my is die ongelooflikste ding dat al die pilare staan sonder enige sement of interne strukture. Net marmer blokke wat op mekaar geplaas is!

No comments:

Post a Comment