Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Wednesday, June 8, 2011

Budapest- PEST

Ons reise in Europa het begin en dit voel asof ons al 'n maand lank toer. Ek en Gina hardloop omtrend rond en dit is maar moeilik om tyd te kry om te blog...jammer Ma('s). Ons het wel al 'n draai gemaak in Istanbul en Berlyn, maar sal later daaroor skryf aangesien ons weer teruggaan en seker nog n 'film' sal vol neem!
Op die oomblik is ons in Budapest. Vir die wat onopgevoed is(soos ek 2 dae terug) bestaan dit uit 2 stede(eintlik 3), Buda...en Pest. Ons bly in die Pest gedeelte en het die eerste dag net gekonsentreer op die gedeelte. Budapest is 'n ongelooflike mooi stad en al die geboue lyk of dit uit die 1800's uit kom(Meeste doen). Jy voel letterlik of jy terug gegooi word in tyd. Hier is letterlik te veel goed om te doen en mens het meer as 'n week nodig as jy alles wil inwerk. Daar is selfs vandag nuwe skoene aaangeskaf, aangesien Gina se voete stukkend geskaaf is van al die stap(It's painfull to be beautiful). Ons het al klaar genoeg fotos geneem om 6 nuwe blogs mee te begin, maar hier is solank 5 om die retinas se dors te les.


Ons het by RING burgers gaan eet, blykbaar die beste burger plek in Budapest. Dit was nogal goed en die atmosfeer op straat is baie cool.


Hier geniet ons 'n romantiese oomblik(terwyl ons wag vir die timer om af te gaan) langs die DUNA rivier en staar uit na die BUDA kant van die stad.



Gina vryf bietjie aan Anonymvs se...pen. Jy doen blykbaar goed in jou eksamen as jy aan hom kom vat.



Hier is ons by die Szechenyi Baths. Heerlik ontspan vir 'n paar ure en in al wat warm swembad is geklim. Nogal 'n belewenis, soos Goudini maal 10!



Ek eet sop wat bedien is in 'n brood! Dit was nogal vreemd, maar lekker. Daai sag geweekte broodjie aan die einde...Mmmmmm.

No comments:

Post a Comment