Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Thursday, June 30, 2011

Mengelslaai fotos

Ons het nie altyd lekker vinnige internet nie en dit is maar 'n geneuk om fotos op te laai. Hier is 'n paar fotos wat gemis is in die vorige blogs.

Ek by die muur in Berlyn.

Op die langste roltrap...


Met die langste roomys...


By die langste neus...


By die langste soen(Dit is die Gay monument in Berlyn met 'n video van 2 ouens wat soen non-stop)...


Ek kyk na die hollywoon sterre van Duitsland.


Gina op die strand in Mykonos. Vele kaal sterte daar gesien, weet nie hoe hulle die wind gehanteer het nie!


Ons op die motorfiets.


Tussen die wingerde...


Hier is ons by die wyn museum in Santorini.


Ete in Santorini terwyl die son sak. Lekker lekker.


Ek en Skoonma op die 4-wiel.


Tone by die blyplek van Johan en Marie op Santorini. Dit is verseker die beste gelee hotel wat ek al ooit in was.


Ek en Gina in Santorini.


Ons langs die swembad by George Katsepis in Santorini(Ongelukkig het ek al die fotos van George perongeluk uitgevee).


Die Speedboat waarmee ons na Santorini gegaan het en tussen Mykonos en Athene.


Praag!


Die soete bier van geloof!


Verlore in Budapest...

Mykonos

Die enigste 3 woorde wat in my kop opkom as ek aan Mykonos dink is...wind, wind en nog wind! Ons het met 'n 2 prop vliegtuigie gevlieg na Mykonos en dit wat een van die mees senutergende landings wat ek al ooit beleef het! Die wind het die vliegtuigie geswaai van links na regs, dit was erger as die Cobra van Ratanga junction. Die Taxi bestuurder het natuurlik vir ons belowe dat die wind gaan ophou waai die volgende dag...maar soos meeste Taxi bestuurders het hy deur sy tande gelieg. Ons het meeste van die tyd het ons verdwaal in die strate van Mykonos se hawedorpie en onsself ooreet aan alles van Kebaps tot Sjokolade creps. Ek en Gina het een dag op 'n onpadwaardige motorfiets die strande gaan uitkyk, maar besluit om dit maar te skip tensy jy sand in al jou gleuwe wil kry!

Ons het 'n baie lekker blyplek gehad. Hier is ons uitsig gewees. Dit is die dorpie om die ou hawe waar ons meeste van die tyd 'gehang' het. Die strate het geen straatname en lyk almal dieselfde. Dit was in die ou tyd so gebou om die seerowers(en nou toeriste) deurmekaar te maak!

3 Apies kyk die sonsondergangs van ons woonstel af...


...voor die windmeule...


...voor Little Venice...


...voor 'n kerkie in die ou hawe. Ma Marie besig om te eet aan haar Nutella(Sjokolade smeer) crep, dit was die hoogtepunt van die maaltye!


Hier is die doolhof strate van Mykonos.


Aan die verdwaal.


Gina by die Pelikaan van Mykonos. Die man sit heeldag die mense aan die vermaak. So mak soos 'n lammertjie.


Van die min sand kole by die ou hawe. Die taal lyk maar Grieks vir my...


Die ou hawe. Meeste(al) van huis in Mykonos is ook wit gewerf met verskillende kleur deure en shutters.

Santorini eiland

Santorini was die eerste eiland wat ons besoek het na Athene. Ons het daar uitgekom met 'n speedboat, 'n groot speedboat. Santorini is letterlik 'n eiland van 2 werelde. Daar is die plat deel aan die een kant, waar die strande en die wingerde is en dan is daar die heuwels aan die anderkant waar al die restaurante en hotelle is. Dit is die gedeelte waar almal(en ook ons) meeste van die films laat rol het! Ons het gebly in 'n lekker plek waar Mr George Katsepis ons ontvang het. Ongelukkig was George meer aantreklik as meeste mans in Men's Health, so die dames onder ons het dit redelik geniet. Heeldag het ons die eiland verken en ek het selfs my skoonouers op 'n motorfiets gehad! Ons het 'n daguitstappie gevat na die Vulkaniese eilande toe en die aande ons trommeldik gestop met die griekse kos! Die eiland het verseker van die beste uitsigte vir sonsondergangs en dit gevoel vir my soos my tweede honeymoon...behalwe vir die feit dat my skoonma daar was! Ek en Gina het die een dag die oudste ondergrondse kelder in Santorini gaan besoek en bietjie van hulle wyn geproe(Ek sal daardie fotos later oplaai). Santorini was by verre die hoogtepunt van Griekeland(George Katsepis uitgesluit) met die mooiste huisies en heuwels...ek sal nie hulle wyn aanbeveel nie!

Hier is 'n kerk in die Oia gedeelte van die eiland. Daar is baie kerke op die eiland.

Die hele eiland is wit en blou geverf...die hele eiland.



Hier is nog kerke.





Hier is donkies, of meer muile wat gebruik word om op en af te stap teen die bult en mense te vervoer van die ou hawe na bo.



Hier is hoe die 'hoofstad' van Santorini lyk. Aan die onderkant kan jy sien die trappe wat af gaan na die hawe.



Trappe na nog 'n kerk...



Drie apies op 'n muur terwyl die son sak.



My bruid...



...



Die 'son sak kant van Oia, die plek waarna almal gaan rondom sononder.



Gina inspekteer 'n donkie...muil van nader.



Ons op 'n boot oppad na die vulkaniese eilande. Dit is blykbaar hoe die eiland gekom het om te lyk soos dit lyk. Klein eilande van swart vulkaniese rots en sand wat oorgebly het.



Pa Johan op die vulkaniese eiland...wys vir ons die pad huis toe.



Die ou hawe met die pad op na die die dorpie.

Friday, June 24, 2011

Athene

Ons is na Europa Griekeland toe om te gaan kyk of ons kan sien waar die wereld begin het. Ons het ook daar vir Pa Johan en Ma Marie gekry na hulle Boot cruise op die see. In Griekeland het ons(ek en Gina) die eerste dag 'n staptoer gevat om ons bietjie te orienteer en toe die volgende dag het ons almal saam na die toeriste gate gegaan. Athene was bloedig warm en 'n heel anderse kultuur oorheers as in die res van Europa. Die Grieke is maar net soos mens dink 'n Griek moet wees. Niks is 'n probleem nie, niks is 'n gejaag nie, niks werk of is georganiseerd nie en niks is verdomp verniet of goedkoop nie! Dit is by verre die duurste van al die lande wat ons tot dusver besoek het en mens kan sien hulle is besig om in hulle moer te gaan. Die mense is besig met 'n helse betooging in Athene(teen die regering) en ons wens ons kon lees wat die plakkate se. Ons kon wel die uitmaak met die streep deur die president se gesig, en dit se genoeg.
Dit was merkwaardig om te sien hoe oud die geboue en die argiologiese besienswaardighede is en jy besef dan hoe oud die res van die wereld is en hoe jonk ons ou Suid-Afrika is! Ons blyplek was nie in die middedorp nie en ons het heelwat gestap in die hitte, maar dit was die moeite werd. Hier is 'n paar dinge wat ons aangevang het.


Ons het 'n kolletjie koelte gevind - die Akropolis in die agtergrond.


Die 'changing of the gaurds'. Dit is omtrent 'n storie en 'n show. Die manne is aangetrek soos vroulike hansworse en stap soos skouperde, 'n ware sirkus!


Hier is ons toergits van die staptoer...hy lyk soos 'n ware Griek!


Hulle is besig om die Pantheon oor te bou al van die 1980's af. Dit gaan maar 'n tydjie vat as ek die storie so kyk. Dit is nog steeds 'n ongelooflike gebou om te sien, veral as jy dink dat hy binne 11 jaar gebou is BC!


Ons vier apies voor die Pantheon. Son besig om ons te eet!


Hier is een van die mark pleine naby die vlooi mark. Die Akropolis in die agtergrond. Jy kan dit van meeste plekke in die stad sien.


Ons wag vir 'n bus...baie swak publieke vervoerstelsel in vergelyking met die res van Europa.


Een van beste behoue geboue in die hele Athene. 95% nog van die oorspronklike gebou is behoue. Lyk soos kleiner weergawe van die Pantheon.



Die ou Biblioteek in Athene. Meeste van die plek is al afgebreuk. Hulle het ook van die pilare gerestoreer - die wit dele.


'n Lekker toeriste fototjie...lekker lekker. Gina by die 'Temple of Zeus'. Dit was blykbaar die grootste van al die tempels, maar daar is omtrent niks oor nie.

Vir my is die ongelooflikste ding dat al die pilare staan sonder enige sement of interne strukture. Net marmer blokke wat op mekaar geplaas is!