Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Sunday, January 30, 2011

The Good, the Bad and the ugly

Net so bietjie inligting deurgee oor die verblyf wat ek en Gina deur is die afgelope 3 dae. Die eerste 2 aande het ons baie lekker gebly in Villa Kresna. Fancy plek met alles wat jy wil he en meer, ware gemak. Toe kry ek mos weer 'n beklemming dat my geld gaan opraak en ons moes soek na backpacker-tipe akkommodasie wat die sak beter pas. Nie baie maklik op Bali nie, aangesien meeste plekke hier gemik is op die westerse mark. Ons kom toe deur die Lonely Planet af op Ned's Hide Away. Meer Ned's give away, en dan praat ek nie van die prys nie(dit was ook goedkoop) , hulle het al hulle skoonmaakmiddels, maniere, nuwe beddegoed en besems weggegee!!! Dan is die plek ook oortrek met honde, die een meer brandsiek as die ander. Anders as Ned's, is almal rondom hulle besig met opknappings werk, wat ons toe uitvind in die middel van die nag. Ek is seker vir 30min wakker gehou deur 'n 3ton vragmotor wat 'n 45punt draai probeer maak in Ned's se parkeerarea, wat eintlik net vir scooters is!


Hier le ek in die bed by Ned's. Sigaret gate in die lakens met 'n baie mooi kopstuk wat nog half met plastiek oorgetrek is. Die laken het skoon gelyk, maar ek jeuk nog so bietjie in my lieste.

Die badkamer was minder as basies, met 'n reukie wat ek nog net in 'n manskoshuis geruik het. Die kraan se stroompie is swakker is 'n 60-jarige s'n, en arme Gina moes maar haar Corenza C uit 'n lee Pringles boks drink.
Moet ons nie te jammer kry nie, ons het die hele dag rondgerits op die scooter en net daar geslaap. Het darem vele lekker goed gedoen deur die dag!

Ons is toe die volgende dag na Jogjakarta waar Gina vir ons wonderlike budget akkommodasie gekry het in die Murapi hotel(natuurlik weer 'n last minute booking). Dit het heel skaflik gelyk en was 'n verbetering op Ned's, alhoewel die badkamer maar nog aan die 'backstreet' kant van dinge was en die mure afgedop het. Die plek was darem oor die algemeen skooner, maar dit het gevoel soos 'n oond en die waaier het nie veel gehelp nie!! Kan ook nie die venster oop los nie, dan vreet die miskiete jou op!


Hier staan ek in ons deluxe suite in die Murapi hotel. Duidelik is die daar iemand aan die ander kant wat gereeld stort en die muur is so biejtie klam(Ek het vir Gina aan daardie kant laat slaap aangesien sy die booking gemaak het).

Ek vuif die Hotel totsiens na net een nag(Ons het vir twee nagte betaal...oeps), hulle sien my nie weer nie. Ons het vroeg die oggend vertrek op 'n toer na die tempels, maar ek het nie 'n oog toegemaak nie! Het die hele hag gedink daar is iets my aan die eet, maar dalk was dit net die sweet wat my afgetap het! Net daar, 2h30-4h30 in die oggend het ek myself gevloek en besluit genoeg is genoeg. De hel met die ingatgeit van my! Ek le nie weer so wakker met 'n Tabbart-gesmeerde lyf nie.
Toe boek on in 'n Hotel 1001, awsome plek en le nou baie lekker en blog(met my free Wi-Fi) hier onder my aircon na 'n lekker stort. Baie basiese plek nog steeds, maar het alles wat jy nodig het en die mense baie vriendelik. Die belangrikste van alles...'n gelukkige vrou, 'n gelukkige huwelik!

'n Baie meer tevrede seun!! Sal maar minder eet van nou af. Haha.

No comments:

Post a Comment