Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Saturday, January 15, 2011

Hoenderkop

Ek het jare gelede die vooreg gehad om hoenderkop papsak te drink, maar vannaand het ek vir die eerste keer die ware Jakob gekry. Ek het vannaand 'n hoenerkop verorber. Ek sweer daar is meer adrenalien wat deur jou lyf gaan as jy hoenderkop eet as wanneer jy bridgejump! My drywer het my gevat om 'n Saterdagaand saam met hom en sy vriende te geniet. Dit was awesome! Alle mense oor die wereld is maar eintlik dieselfde, maak nie saak wat ons agtergrond is nie. Ons hou van eet, gesels(al is dit als in Chinees), drink, baie drink, lag en 'n goeie tyd he. Ons het na 'n restaurant gegaan waar jy die kos bestel en hulle voorsien die kole. Dan moet jy self die vleis gaarmaak. 'n Chinese-braai as jy wil. Hier is so paar fotos wat die verloop van die aand verduidelik.


Hier is ek by die tafel, net voor die massas opgedaag het. Oral in die restaurante is hulle bortjies en glase so toegedraai in plasitek. So pakket wat elke een kry op hulle sitplek saam met jou stokkies.


Ons het twee van die skaapboude bestel en nog vele meer. In my ondervinding eet Chinese mense baie en vannaand was geen uitsondering nie. Hulle het letterlik geeet van die tyd wat ons daar aangekom het totdat ek gegaan het, en ek sal nie verbaas wees as hulle nog steeds aan die eet is nie! Die skaapboud word so oor die kole gesit, en dan moet ons homself draai.

Hier word die skapie lekker ge-spice. Die klomp hou nogal van 'n brand happie(Wilhelm, jy sal dit like). Hulle het spesiaal vir my sosaties bestel wat nie brand nie, maar ek het van die brand ook geeet en dit was nie so erg nie. Het lekker afgegaan saam met 'n biertjie.


Die enigste mes en furk wat jy kry is die lang gedoentes waarmee jy die vleis moet sny en stukkie vir stukkie op die kole plaas. Moet bieg, ek het so nou en dan met my lang furk van die kole af geeet om 'n breuk te vat van die stokkies. Onderkant van die foto kan julle sien is een van drie bortjies groente wat nie vleis in gehad het nie. Dit was maar 'n karnivoor-fees!

Natuurlik is daar ook drank bestel. Die manne doen dit 'n bietjie anders as ons. Hulle het die 2 kiste bier sommer aan die begin van die aand bestel. Dit word langs die tafel neergesit saam met 'n bottel oopmaker en dan help jy jouself. Die bier word ook op 'n ander manier gedrink. Daarmee bedoel ek baie vinniger as in SA. Die manne draf 'n draft vinnig deur. Al die biere is 500ml, maar bevat net 2.5% alkohol. Die geheim hier lyk my le in die kwantiteit, en nie die kwaliteit.


Hier is hoe die sosaties aangebring word. Klaar gaar, maar ek het myne maar nog 'n paar minute op die kole gesit. Met my geskiedenis kan ek nie te versigtig wees nie.


Dit is die groot manere. So lyk 'n hoenderkop sosatie. Jum. Daar is drie van hierdie smul-lekker koppe op een sosatie. Klaar gaar voorgesit, maar ons het hom so paar minute oor die kole gehou, net om die kammetjie 'n lekker kleur te gee...


Daar le hy, reg vir die oomblik....
Daar gaan hy! Merk die bekkie wat by die kant van my mond uitloer. Nie so sleg soos wat julle dink nie. nogal baie sag, soos 'n hele happie murg. Seker maar die brein. Jy moet letterlik alles eet en dan spoeg jy net die bene uit. Dit was omtrent 'n belewenis! Ek hoop net my maag hou dit(Ja, ek het die hele kop geeet). Ek het ook natuurlik vark ballas geeet. Dit proe na niks, amper soos tofu. Sal dit nie aanbeveel.

Nou ja, so het ons lekker gekuier. Die mense is verskriklik vriendelik en joviaal. Almal is getroud en al die mans drink en rook en die vroue glad nie(Die ouens doen iets reg). My drywer het my kom aflaai en is weer terug om saam met almal te gaan kuier. Hy was die enigste een wat kon engels praat en moes my maar entertain(arme man). Dit is definitief 'n aand wat ek nooit sal vergeet nie. LANK LEEF DIE HOENDERKOP!

No comments:

Post a Comment