Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Saturday, January 15, 2011

Naweek uitstappie

Ek en Gina het laas naweek bietjie op die kuspad van Dalian gaan ry pm 'n ander kant van die stad te sien. Natuurlik lyk dit soos 'n besondere dag, maar moenie dat dit julle bluf nie, dit was -6 met 'n windjie wat jou tot in jou lewer afkoel!
Die hele pad(seker 10-20km) het so hout paadjie waarop jy kan stap/draf. In die somer natuurlik. Oral in die verte is daar die eilande wat kop uitsteek, werklik mooi.

Ons het ons voete(met skoene bedek) in die sand gaan steek. Agter ons weer van die eilande.


Dit was regtig 'n lekker dag, as dit net nie vir die koue weer was nie. Die foto maak my somer lus vir 'n swempie. Blykbaar span die manne uit op dei strand in die somer. Hulle sand is van die meer growwer soort met die klein klippies tussenin.


Oral in Dalian het hulle beelde en simboliese goed gebou, nogal snaaks. Verstaan nie altyd wat die doel is nie. Hier is 'n lang pad met voete in die sement wat loop tot by 'n 'halfpipe' wat eintlik 'n boek is. Nogal mooi maar baie useless, tensy jy 'n skateborder is. Die strand is net agter die masiewe boek

Hierdie is die grootste en bekendste plein in Dalian. Ek vermoed dat die deel van die stad baie nuut is, aangesien nie een van die geboue ouer as 10 jaar oud lyk nie. Dit sal nogal 'n mooi plek in dei somer wees. Jy kan blykbaar hier kom piekniek hou in die somer. Hierna het ons na 'n mall gegaan en baie shopping waar die hele mall 'n 50% sale gehad het. Dit het nie goed vir my sak uitgewerk nie!

No comments:

Post a Comment