Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Saturday, January 8, 2011

My werke

Ek (Francois) het gedink om sommer 'n bietjie van my werk fotos vir julle te wys. Dit het so tydjie terug gesneeu daar op die site en ons sit deesdae maar met klappende tande in die container en werk. Die vloer raak so koud dat my tone elke dag teen 2h morsdood is. Darem ontdooi dit weer onder die verhitter in die kar oppad terug. By die werk gaan dit goed. Ek is maar baie verveeld en doen heeltemal te veel papierwerk en email en papierwerk en emails en emails en emails! Dit hou net nie op nie. Dit is die moeite werd as ek net my oog op die wenstreep hou van die vakansie wat oppad is, maar as 'n dokter gaan die vaardighede en die skerpheid maar 'n bietjie agteruit.



Hier is hoe ons kliniek gelyk het toe dit gesneeu het. Dit is my persoonlike 'taxi' wat daar pronk voor die deur. Ek staan in die parkeerarea en neem die foto, as ons wil toilet toe gaan moet ons dit oorsteek en na die tydelike gebou toe gaan(agter my) om die water af te slaan. 'n Mens kan jou nood sommer verloor as jy in die wind moet stap! Die fabriek le nou links agter die kliniek as jy van die hoek af kyk. Kan dit so vaagweg in die agtergrond sien links van die kliniek.

Hier is die uitsig as ek voor die kliniek staan en regs kyk. Regs is dieselfde uitsig net 'n dag later! Daar is honderde mannetjies wat uitkom en al die sneeu uit die parkeerarea op vee en wegvat. Dit gebeur nogal vinnig, die golfkarretjie het nie eers tyd gehad om te beweeg nie!



Hier is ons nuwe ambulans. Uit die boks. 'n Ford Transit met Diesel engin(Dieselfde een wat in die Land Rover Defender gebruik word van 2007 af, so moet 'n goeie een wees) en uitgevat met al die dinge wat 'n ambulans nodig het. Hoop ons kan hom darem gebruik een of ander keer.



Hier is die 3 susters saam met wie ek moet werk. net een op 'n slag is aan diens 24h/dag. Dink dit moet nogal koud wees in die nag. Gelukkig is ek gevrywaar van daardie diens. Ek werk nou soos die res van julle. Sien nou vir die eerste keer hoe dit is om elke middag af te he en naweke vir jouself. My ouers behoort hulle te skaam dat hulle my nie probeer stop het om medies te gaan swot nie! grappie. Ek mis eintlik die besige ure.


Hier is die werk wat ek moet doen oor naweke! Ek word gebruik as 'n pakdonkie vir al die shopping uitstappies! Gelukkig word ek darem goed beloon met 'n vol maag en skoon klere. Kannie wag dat die familie kom kuier nie, dan kan julle help dra!

No comments:

Post a Comment