Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Wednesday, February 2, 2011

Borobudur and Prambanan

Ons het die pad aangepak na Borobudur en Prambanan een van ons dae in Jogjakarta. Het die oggend 5h00 begin met die trip, waar ons vroeg by ons hotel opgetel is. Was eerste na Borobudur en die uitsig van daar was awesome! Tempel gebou in jare +-700AD. Die detail nogal cool. Is daarna na Prambanan, ook plek waar hulle tempels gebou het lank, lank gelede. Al die plekke lyk vir my maar na 'n lekker plek vir 'n Paasfees skattejag!


Hier is die tempels in Prambanan.


Ek voor een van die groot oprigtings. Net om te wys hoe groot dit is.


Die uitsig van Borobudur uit die bos. Jy kan glad nie die tempel sien van die parkeer area of van die dorpie af nie, totdat jy naby kom. Dan spring hy lewensgroot uit. Borobudur beteken: 'Tempel op die heuwel'...of so iets.


My bruid vang 'n rus tydjie op een van die vlakke van Borobudur.


Van die detail op die mure, baie impressive. Daar is so 5 van die vlakke wat kleiner en kleiner gaan tot by die sentrale koepel-tempel in die middel.


Agter ons is die laaste vlak met die sentrale punt in die agtergrond. Onder elke een van die koepels is daar 'n Budha wat sit, behalwe onder een van hulle, hy sit oop.


Uitsig in die oggend.


Om die temperl lyk die hele landskap so met die mis wat hang in die dale. Dit is regtig baie mooi!

Agter my sit al die Budhas!


Dit is die eerte uitsig wat jy kry van die tempel. Lyk nogal cool in lewende lywe.
Dit was 'n redelike suksesvolle dag/uitstappie. Ons was so 2h terug by die huis en het net ontspan. Aaaaaah....vakansie.

No comments:

Post a Comment