Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Saturday, February 5, 2011

Merapi Vulkaan

Hier is 'n vinnige kyk na die verlede...
Ons het in Jogjakarta een dag vir Mt Merapi('Mountain of fire') gaan besoek. Dit is een van die aktiefste vulkane in Indonesie spoeg rook uit 300 dae van die jaar. Ons wou Mt Brumo gaan besoek het, maar aangesien hy/sy aktief was vanaf middel Januarie en groot uitbarsting gehad het op die 27ste, is baie van die omringende dorpe ontruim, ons het maar besluit om nie die tog aan te pak nie(baie internationale vlugte is gekansileer agv Brumo se streke).
Hier is dan 'n blik na wat oor is rondom Mt Merapi. Hy het die hele dorpie aan die voet verwoes in vroee 2000's(ek dink) en het einde laas jaar die hele Jogjakarta onder as gehad met 'n nuwe uitbarsting. Die mense vermoed hy is een van die redes waarom die tempels van Bodobudur verlaat is in die ou tyd.

Hier is een van die huise wat bly staan het. Dit is 4-5km+ van die berg af.


Hier kan jy sien hoe ver van die berg af die skade nog groot is. Al die bome/palms in die omgewing le nog asof die lava gister daar verby is. Almal is omgebuig met hulle koppe teen die grond wat afdraend le!

Dit is die naaste wat ons mag gegaan het aan die ou grote. Van die wit by sy bek is wolke, maar meeste daarvan is stoom wat aan die uitborrel is by sy bek.

Ek en die grote. soos julle kan sien wys ek ook my spiere hier. Dit was nogal warm in die stad, maar op die berg was die windtjie 'n bietjie koeler. Die menere laat jou weer van voor af respek kry vir die natuur.

No comments:

Post a Comment