Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Saturday, February 5, 2011

Eet,slaap,le,swem,eet,drink,slaap,eet...

Gili Trawagan is Idillies! Dis beslis een van die coolste plekke waar ons al was! Alles wat mens wil he, ongerep, rustig, lekker kos en drank, warm see, wit strande en en en...

Orals is hierdie huisies, lekker koel vir teen die hitte van die son. Kan hier eet, drink, slaap, le ens. Meeste restaurante het sulke tipe huisies.


Hier sit ek in een van vele van die huisies.

Hier tan ek bietjie voor ons huisie, die son is vrek warm, ons tan maar vroeg oggend en ek smeer maar die 30 dik aan.

Die view vanaf ons "private beach".

Selfs die katte hier is rustig! Hulle weet hoe om te ontspan!

Hier in ons swembad net voor ons kamer, salig!

Ons lees en speel heelwat kaart, natuurlik vloei die Bintang(hul local bier) ook lekker.

Ons het gisteraand om die eiland probeer stap, maar die donker het ons bietjie gevang. Die een kant van die eiland amper heeltemal ongerep. Hier wys Franni dat hy bietjie son gevat het! Eina.


Ons 2, vanogg op die beach. Dis nogal bewolk vandag, maar steeds heerlik, vat darem die ergste hitte weg.

Chill nog hier tot Maandag en gaan dan oor na Gili Meno, so 1km weg. Wens julle was hier!!!!

No comments:

Post a Comment