Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Monday, February 14, 2011

Senggigi, Lombok

Na die Gili eilande is ons terug na die groter eiland Lombok. Die opmerkende ding van Lombok is dat dit baie meer tropies en ongerep voorkom as Bali. Dit voel regtig of jy in 'n ander wereld is en nie net op 'n vakansie eiland nie. Baie minder mense praat Engels alles is meer tradisioneel. Ons het dit baie hier geniet, en was ongelukkig net 3 dae in die paradys - dorpie Senggigi.


Hier is die vliegtuig waarmee ons van Bali na Lombok gevlieg het. So klein prop dingetjie, nie veel groter as 'n voel(geen wonder die naam is wings). Vlieg so 20min, net opstyg en land.

Dit is die aansig wat jou groet in Lombok. Baie palmbome.

Ons het ook hier bietjie beter kwaliteit kos begin sien as op die eilande. Kon dit waag om iets meer te bestel as fried noodles!


Hier eet ons lekker kreef wat op die kole gemaak is. Naaste wat ons aan 'n braai gaan kom!
By ons blyplek het ons toegang gehad tot ons eie privaat swembed. Het gevoel soos 'royalty'. Het ook 3 indo- mannetjies gehad wat agter ons aangehardloop het met handoeke en vars water! Ok, ons was die enigste gaste in die plek, so het ekstra aandag gekry...viva low season!


Hier is die sonsondergangs van ons paradys. Nog tot laat aand geswem. Water seker so 25+ grade(indien nie meer).

Mr and Ms Smith. HAHA.


Meeste eetplekke is so op die strand/sand. Soos julle kan sien loop dit hie oor van toeriste nie.


Hier is die sonsondergang wat ons gehad het die een aand. Werklik iets beswonder gewees, die fotos gee dit nie genoeg krediet nie.

Ons het hier die tempel besoek wat letterlik die verste punt in die see is van die hele Senggigi. sit op die punt van die rotse wat gevorm is deur vulkaniese uitbarsting. Gina natuurlik nie reg aangetrek nie, en het hele paar skewe kyke gekry van die locals.
Ons is tans terug op Bali eiland in die dorpie Ubud. Het vir valinteinsdag my eerste spa sessie ingewerk. Albei full body massage gekry. Ek baie punte verdien.

No comments:

Post a Comment