Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Thursday, February 3, 2011

Gili Trawangan

Dit voel soos my 2de honeymoon...net beter! Dit was 'n klein bietjie moeite om hier uit te kom, maar definitief die moeite werd! Hier is dit eiland vibe galore en alles is in 'go slow'. Selfs die internet is stadig. Ons bly in 'n cool plek met 'n swembad amper op die strand. Die see is warmer as die swembadwater en die nogal ryk aan die koraal. Lekker plekke vir snorkel. Hier is ook nie enige motorfietse of motors op die eiland nie, net perdekarre en fietse. Ons gaan hier chill vir so 4 dae voor ons verpas na die kleiner eiland Gili Meno. Sit op die oomblik met my tone in die sand en drink 'n Mojito! Aaaah, die lewe is darem lekker...


Hier is die 3 eilande. Van groot na klein: Gili Trawangan, Gili Meno, Gili Air. Die puntjie wat uitsteek bo in die foto is deel van Lombok.


Dit is hoe die water lyk, regtig idillies. Geen groot branders nie, lyk letterlik soos groot dam wat voor jou le.
Hierdie is verseker een van die coolste plekke waar ons al ooit was...

No comments:

Post a Comment