Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Wednesday, February 2, 2011

Yogyakarta - Scammers

Ons het 'n paar dae in Jogyakarta gebly dit was omtrent 'n....leerskool. Eers in die hotel van hel, en toe ons lekker dag in die strate. Ek het gedink ons is gesoute reisigers en die feit dat ons van SA af kom maak ons nog tough ook, maar niks het my gereed gemaak vir wat ons teegekom het in Jogi nie. Soos ek geleer het, is ek en my liefkooste vroutjie tog sulke goeie mense, wat altyd die onskuldige en goeie in ander raaksien. So ontmoet ons toe vir...'piet'(jy kan hom ook drol noem as jy wil- dit is wat ek hom noem), oppad na die sultan se paleis. Hy is 'n vriendelike man oppad om sy kind by skool te gaan haal(wink, wink) en help ons toe so gewillig met rigting na die mooie paleis. Net daar besluit ons om nie die Lonely Planet te lees nie, want die paleis in net onder in die pad, en hoe kan jy nou dit mis!? Vriendelike piet/drol vat ons toe tot by die ingang van die paleis en ons is baie dankbaar. Ons betaal die ingangsfooi en saam met ons gids gaan ons deur die hele paleis in 15min...wat 'n teleurstellende paleis, die arme Sultan en sy familie is in hulle moer. Kan nie glo dat dit 'n atraksie is nie! Gelukkig het die vriendelike man ook vir ons vertel van die 'Batik art centre' waar ons regte batik kan koop, en ons haas toe soontoe voor dit toemaak. Ons het ons aankope gedoen en baie ingenome met onsself sit ons toe en drink 'n biertjie terwyl ons die Lonely Planet oopslaan. Net daar vertel hulle vir ons van die mooi paleis en hoe jy moet versigtig wees vir scams wat jou na verkeerde plek kan vat en na overpriced Batik winkels!! Slaan my met 'n nat snoek!!!!!!! Ek het nie gedink ek sal ooit val vir so iets nie!


Hier is Gina in Malioboro straat. Dit is soos die hoof shopping straat van Jogjakarta en regtig cool om te sien. hier kan jy nou enige koekies en kakies koop. Oral word jy oorval deur mense wat jou wil vat na die 'Art Centre' en vir jou wil rondry in hulle karretjies.


Ek in die strate van Jogi.


Ons in onbewuste vreugde oor ons die paleis besoek. Haha...suckers!


Hier is ons vervoer oppad na die Batik shop. Nogal dodgy in die verkeer.


Hier is die Batik winkel. Het nogal mooi goed gekry daar en was die enigste plek waar ons Batik 'art' gesien het. Die res van die stad is net vol Batik klere, Mandela style!
In retrospek voel mens nogal gat om so gevang te word, maar dit was nie 'n duur les om te leer nie. Het ons 2ure en R10 gekos en sal verseker nie weer vir 'n scam val nie...ek hoop. In ons oe is almal van nou af onbetroubaar en my vertroue in die mens is geskend! Oor die Batik: seker 'n bietjie te veel daarvoor betaal, maar verseker die moeite werd.

No comments:

Post a Comment