Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Wednesday, February 16, 2011

Ubud

Ons was die laaste 3 dae in Ubud, die "kuns en kultuur" deel van Bali. Baie tempels en besienswaardighede, so ons het bietjie toeriste goedjies gedoen...

In middel van Ubud is daar 'n groot "Monkey Forest" wat 3 tempels huisves en 100de Apies. Daar is ook stunning woud obviously, bome ongelooflik groot en alles baie "lush"! Hierbo staan ek op een van die brue.

Daar is orals apies, baie oulik.
Fran verbeel hom hy is een!

Daar is ook groot markte in Ubud, lekker rondgeloop, maar NIKS gekoop nie, kon dit self amper nie glo nie! My shopping sover nog baie onsuksesvol!

Vir Valentynsdag het Fran my Spa toe gevat! Dit was sy 1ste Spa experience! Full Body en Pedicure! Was heerlik!!!! Het die vlg dag op 'n dag trip gegaan rondom Ubud en vandag was ons op 'n Kookkursus van 9h tot 3h!!! Baie cool, maar sal more fotos daarvan probeer laai, vanaand terug in Legian/Kuta.

No comments:

Post a Comment