Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Thursday, February 10, 2011

Gili Meno - eiland nommer 2 (piep klein)

Gili Meno is die kleinste van die 3 klein eilandjies, dis regtig BAIE klein en baie "secluded"! Fran het 'n boek van 600 bladsye hier deurgelees! Ons weer was nie te great nie, maar dit is regtig 'n ongelooflike spesiale plek. Ongerep en mens voel regtig in die middel van niks en nerens. Al wat jy hoor is die see, koeie en hoenders!

Hier is ons "shack", daar is 2 sulke huisies, ons het in die klein een gebly, vrek oulik.

Voor teen die beach het elke huisie 'n beach gazebo, ons het ons dae hier omgele! Dis letterlik 'n tree van die see af.

Fran op ons chill bank in die gazebo! lekker!

Ons eie beach, coral reef ens! Daar is nie 'n mens in sig nie!

Daar is geen motorfietse of karre op die eiland nie, al wat jy kan gebruik is 'n perd met 'n karretjie!

No comments:

Post a Comment