Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Sunday, January 30, 2011

The Good, the Bad and the ugly

Net so bietjie inligting deurgee oor die verblyf wat ek en Gina deur is die afgelope 3 dae. Die eerste 2 aande het ons baie lekker gebly in Villa Kresna. Fancy plek met alles wat jy wil he en meer, ware gemak. Toe kry ek mos weer 'n beklemming dat my geld gaan opraak en ons moes soek na backpacker-tipe akkommodasie wat die sak beter pas. Nie baie maklik op Bali nie, aangesien meeste plekke hier gemik is op die westerse mark. Ons kom toe deur die Lonely Planet af op Ned's Hide Away. Meer Ned's give away, en dan praat ek nie van die prys nie(dit was ook goedkoop) , hulle het al hulle skoonmaakmiddels, maniere, nuwe beddegoed en besems weggegee!!! Dan is die plek ook oortrek met honde, die een meer brandsiek as die ander. Anders as Ned's, is almal rondom hulle besig met opknappings werk, wat ons toe uitvind in die middel van die nag. Ek is seker vir 30min wakker gehou deur 'n 3ton vragmotor wat 'n 45punt draai probeer maak in Ned's se parkeerarea, wat eintlik net vir scooters is!


Hier le ek in die bed by Ned's. Sigaret gate in die lakens met 'n baie mooi kopstuk wat nog half met plastiek oorgetrek is. Die laken het skoon gelyk, maar ek jeuk nog so bietjie in my lieste.

Die badkamer was minder as basies, met 'n reukie wat ek nog net in 'n manskoshuis geruik het. Die kraan se stroompie is swakker is 'n 60-jarige s'n, en arme Gina moes maar haar Corenza C uit 'n lee Pringles boks drink.
Moet ons nie te jammer kry nie, ons het die hele dag rondgerits op die scooter en net daar geslaap. Het darem vele lekker goed gedoen deur die dag!

Ons is toe die volgende dag na Jogjakarta waar Gina vir ons wonderlike budget akkommodasie gekry het in die Murapi hotel(natuurlik weer 'n last minute booking). Dit het heel skaflik gelyk en was 'n verbetering op Ned's, alhoewel die badkamer maar nog aan die 'backstreet' kant van dinge was en die mure afgedop het. Die plek was darem oor die algemeen skooner, maar dit het gevoel soos 'n oond en die waaier het nie veel gehelp nie!! Kan ook nie die venster oop los nie, dan vreet die miskiete jou op!


Hier staan ek in ons deluxe suite in die Murapi hotel. Duidelik is die daar iemand aan die ander kant wat gereeld stort en die muur is so biejtie klam(Ek het vir Gina aan daardie kant laat slaap aangesien sy die booking gemaak het).

Ek vuif die Hotel totsiens na net een nag(Ons het vir twee nagte betaal...oeps), hulle sien my nie weer nie. Ons het vroeg die oggend vertrek op 'n toer na die tempels, maar ek het nie 'n oog toegemaak nie! Het die hele hag gedink daar is iets my aan die eet, maar dalk was dit net die sweet wat my afgetap het! Net daar, 2h30-4h30 in die oggend het ek myself gevloek en besluit genoeg is genoeg. De hel met die ingatgeit van my! Ek le nie weer so wakker met 'n Tabbart-gesmeerde lyf nie.
Toe boek on in 'n Hotel 1001, awsome plek en le nou baie lekker en blog(met my free Wi-Fi) hier onder my aircon na 'n lekker stort. Baie basiese plek nog steeds, maar het alles wat jy nodig het en die mense baie vriendelik. Die belangrikste van alles...'n gelukkige vrou, 'n gelukkige huwelik!

'n Baie meer tevrede seun!! Sal maar minder eet van nou af. Haha.

Thursday, January 27, 2011

Bali - Seminiyak

Ons is veilig in Bali en love dit hier! Ons internet connection is baie stadig so ek sukkel om lekker fotos te laai, kon net die 3tjies op kry, maar dit gee julle darem so half 'n idee. Ons het vandag 'n scooter gehuur en bietjie die eiland verken, nie te ver gekom nie, want hier is soveel lekker shops, eetplekke, bars, beaches ens om ons. Fran se scooter skills het darem beslis verbeter vanaf ons dit laas in Thailand probeer het!

Hier chill ek in ons "Villa" se swembad, die weer is heerlik, warm maar nie te humid. Die see water en swembad water half lou, so na my smaak.

Die beach se sand is swart, baie weird gevoel om op swart sand te loop, dit lyk hier meer bruin, maar nogal donker. So swart agv die lava.

Ons gunsteling beach bar/eetplekkie! Ons het vanogg/middag hier 'n bier gaan drink en ons aand weer hier gaan afsluit, stunning plekkie met lekker vibe op die beach. Fran het 'n lekker gebraaide vis geeet en ek het die tapas probeer, bietjie duur, maar beslis die moeite werd.
Ons trek more na "cheaper" akkommodasie want al manier hoe ek vir Fran kan oortuig om baie te shop. Ons 2 aande in die "villa" was awesome! Weetie wanneer ons weer internet gaan he nie, maar het besluit om naweek ook in Bali rond te hang, sal seker Maandag Yogyakarta toe vlieg om Borobudur en Mount Bromo te gaan besoek.
Gaan baie goed met ons, wens net julle was hier om saam met ons te chill!

Wednesday, January 26, 2011

Vaarwel China, Hello Bali

My eerste termyn in China is tot 'n einde. Ek is klein bietjie hartseer om alles agter te laat. Die klein hokkie waarin ek elke dag vasgekeer was, die susters, die sneeu, die diarree! Gaan alles mis...tot more oggend as ek wakker word in Bali! Hier begin die pret nou. My mikpunt in die 9 weke is om agteruit te gaan as mens, bietjie gewig aan te sit, soveel vleis as moontlik te eet en ten minste 2 keer my naam te vergeet!
Hier is so bietjie 'n paar fotos van China wat ek nog nie gelaai het nie, net so terugkyk voor die nuwe avonture begin.

Hier het ek en Gina 'n cocktail aand bygewoon by die Shangri-la. Hier agter die bar nadat ons 'n Singapor sling en a Martini aanmekaar geslaan het.

Dit was my laaste dag op Site. Het hewiglik begin sneeu. Van die site af het dit my 4 ure gevat opm by die lughawe uit te kom!


Hierdie twee fotos is van die Goodyear jaareindfunksie in Dalian. Omtrent 'n storie gewees. 800+ mense in 1 saal en almal eet oop mond! Daar was omtrent kos, enige iets waar jy aan kon dink. Ek het geeet tot ek wou bars. Die hele aand lank was daar 'n show aan die gang vir die gaste. Profesionele dansers, sangers en komediante. Ook jou minder profesionele sangers van die fabriek het 'n beurt gekry...skreeusnaaks!



Hier was my gunsteling 'act'. Die man het die crowd aan die gang gehad! Hy het 'n kuif wat skrik vir niks en hy gooi hom links en regs soos hy daai...lyk vir my soos 'n 'bong' met 'n snaar, speel.
Nou ja, fluit fluit my eerste rotasie is uit.



Saturday, January 15, 2011

Hoenderkop

Ek het jare gelede die vooreg gehad om hoenderkop papsak te drink, maar vannaand het ek vir die eerste keer die ware Jakob gekry. Ek het vannaand 'n hoenerkop verorber. Ek sweer daar is meer adrenalien wat deur jou lyf gaan as jy hoenderkop eet as wanneer jy bridgejump! My drywer het my gevat om 'n Saterdagaand saam met hom en sy vriende te geniet. Dit was awesome! Alle mense oor die wereld is maar eintlik dieselfde, maak nie saak wat ons agtergrond is nie. Ons hou van eet, gesels(al is dit als in Chinees), drink, baie drink, lag en 'n goeie tyd he. Ons het na 'n restaurant gegaan waar jy die kos bestel en hulle voorsien die kole. Dan moet jy self die vleis gaarmaak. 'n Chinese-braai as jy wil. Hier is so paar fotos wat die verloop van die aand verduidelik.


Hier is ek by die tafel, net voor die massas opgedaag het. Oral in die restaurante is hulle bortjies en glase so toegedraai in plasitek. So pakket wat elke een kry op hulle sitplek saam met jou stokkies.


Ons het twee van die skaapboude bestel en nog vele meer. In my ondervinding eet Chinese mense baie en vannaand was geen uitsondering nie. Hulle het letterlik geeet van die tyd wat ons daar aangekom het totdat ek gegaan het, en ek sal nie verbaas wees as hulle nog steeds aan die eet is nie! Die skaapboud word so oor die kole gesit, en dan moet ons homself draai.

Hier word die skapie lekker ge-spice. Die klomp hou nogal van 'n brand happie(Wilhelm, jy sal dit like). Hulle het spesiaal vir my sosaties bestel wat nie brand nie, maar ek het van die brand ook geeet en dit was nie so erg nie. Het lekker afgegaan saam met 'n biertjie.


Die enigste mes en furk wat jy kry is die lang gedoentes waarmee jy die vleis moet sny en stukkie vir stukkie op die kole plaas. Moet bieg, ek het so nou en dan met my lang furk van die kole af geeet om 'n breuk te vat van die stokkies. Onderkant van die foto kan julle sien is een van drie bortjies groente wat nie vleis in gehad het nie. Dit was maar 'n karnivoor-fees!

Natuurlik is daar ook drank bestel. Die manne doen dit 'n bietjie anders as ons. Hulle het die 2 kiste bier sommer aan die begin van die aand bestel. Dit word langs die tafel neergesit saam met 'n bottel oopmaker en dan help jy jouself. Die bier word ook op 'n ander manier gedrink. Daarmee bedoel ek baie vinniger as in SA. Die manne draf 'n draft vinnig deur. Al die biere is 500ml, maar bevat net 2.5% alkohol. Die geheim hier lyk my le in die kwantiteit, en nie die kwaliteit.


Hier is hoe die sosaties aangebring word. Klaar gaar, maar ek het myne maar nog 'n paar minute op die kole gesit. Met my geskiedenis kan ek nie te versigtig wees nie.


Dit is die groot manere. So lyk 'n hoenderkop sosatie. Jum. Daar is drie van hierdie smul-lekker koppe op een sosatie. Klaar gaar voorgesit, maar ons het hom so paar minute oor die kole gehou, net om die kammetjie 'n lekker kleur te gee...


Daar le hy, reg vir die oomblik....
Daar gaan hy! Merk die bekkie wat by die kant van my mond uitloer. Nie so sleg soos wat julle dink nie. nogal baie sag, soos 'n hele happie murg. Seker maar die brein. Jy moet letterlik alles eet en dan spoeg jy net die bene uit. Dit was omtrent 'n belewenis! Ek hoop net my maag hou dit(Ja, ek het die hele kop geeet). Ek het ook natuurlik vark ballas geeet. Dit proe na niks, amper soos tofu. Sal dit nie aanbeveel.

Nou ja, so het ons lekker gekuier. Die mense is verskriklik vriendelik en joviaal. Almal is getroud en al die mans drink en rook en die vroue glad nie(Die ouens doen iets reg). My drywer het my kom aflaai en is weer terug om saam met almal te gaan kuier. Hy was die enigste een wat kon engels praat en moes my maar entertain(arme man). Dit is definitief 'n aand wat ek nooit sal vergeet nie. LANK LEEF DIE HOENDERKOP!

Naweek uitstappie

Ek en Gina het laas naweek bietjie op die kuspad van Dalian gaan ry pm 'n ander kant van die stad te sien. Natuurlik lyk dit soos 'n besondere dag, maar moenie dat dit julle bluf nie, dit was -6 met 'n windjie wat jou tot in jou lewer afkoel!
Die hele pad(seker 10-20km) het so hout paadjie waarop jy kan stap/draf. In die somer natuurlik. Oral in die verte is daar die eilande wat kop uitsteek, werklik mooi.

Ons het ons voete(met skoene bedek) in die sand gaan steek. Agter ons weer van die eilande.


Dit was regtig 'n lekker dag, as dit net nie vir die koue weer was nie. Die foto maak my somer lus vir 'n swempie. Blykbaar span die manne uit op dei strand in die somer. Hulle sand is van die meer growwer soort met die klein klippies tussenin.


Oral in Dalian het hulle beelde en simboliese goed gebou, nogal snaaks. Verstaan nie altyd wat die doel is nie. Hier is 'n lang pad met voete in die sement wat loop tot by 'n 'halfpipe' wat eintlik 'n boek is. Nogal mooi maar baie useless, tensy jy 'n skateborder is. Die strand is net agter die masiewe boek

Hierdie is die grootste en bekendste plein in Dalian. Ek vermoed dat die deel van die stad baie nuut is, aangesien nie een van die geboue ouer as 10 jaar oud lyk nie. Dit sal nogal 'n mooi plek in dei somer wees. Jy kan blykbaar hier kom piekniek hou in die somer. Hierna het ons na 'n mall gegaan en baie shopping waar die hele mall 'n 50% sale gehad het. Dit het nie goed vir my sak uitgewerk nie!

Saturday, January 8, 2011

My werke

Ek (Francois) het gedink om sommer 'n bietjie van my werk fotos vir julle te wys. Dit het so tydjie terug gesneeu daar op die site en ons sit deesdae maar met klappende tande in die container en werk. Die vloer raak so koud dat my tone elke dag teen 2h morsdood is. Darem ontdooi dit weer onder die verhitter in die kar oppad terug. By die werk gaan dit goed. Ek is maar baie verveeld en doen heeltemal te veel papierwerk en email en papierwerk en emails en emails en emails! Dit hou net nie op nie. Dit is die moeite werd as ek net my oog op die wenstreep hou van die vakansie wat oppad is, maar as 'n dokter gaan die vaardighede en die skerpheid maar 'n bietjie agteruit.



Hier is hoe ons kliniek gelyk het toe dit gesneeu het. Dit is my persoonlike 'taxi' wat daar pronk voor die deur. Ek staan in die parkeerarea en neem die foto, as ons wil toilet toe gaan moet ons dit oorsteek en na die tydelike gebou toe gaan(agter my) om die water af te slaan. 'n Mens kan jou nood sommer verloor as jy in die wind moet stap! Die fabriek le nou links agter die kliniek as jy van die hoek af kyk. Kan dit so vaagweg in die agtergrond sien links van die kliniek.

Hier is die uitsig as ek voor die kliniek staan en regs kyk. Regs is dieselfde uitsig net 'n dag later! Daar is honderde mannetjies wat uitkom en al die sneeu uit die parkeerarea op vee en wegvat. Dit gebeur nogal vinnig, die golfkarretjie het nie eers tyd gehad om te beweeg nie!



Hier is ons nuwe ambulans. Uit die boks. 'n Ford Transit met Diesel engin(Dieselfde een wat in die Land Rover Defender gebruik word van 2007 af, so moet 'n goeie een wees) en uitgevat met al die dinge wat 'n ambulans nodig het. Hoop ons kan hom darem gebruik een of ander keer.



Hier is die 3 susters saam met wie ek moet werk. net een op 'n slag is aan diens 24h/dag. Dink dit moet nogal koud wees in die nag. Gelukkig is ek gevrywaar van daardie diens. Ek werk nou soos die res van julle. Sien nou vir die eerste keer hoe dit is om elke middag af te he en naweke vir jouself. My ouers behoort hulle te skaam dat hulle my nie probeer stop het om medies te gaan swot nie! grappie. Ek mis eintlik die besige ure.


Hier is die werk wat ek moet doen oor naweke! Ek word gebruik as 'n pakdonkie vir al die shopping uitstappies! Gelukkig word ek darem goed beloon met 'n vol maag en skoon klere. Kannie wag dat die familie kom kuier nie, dan kan julle help dra!

Monday, January 3, 2011

Polar Akwarium

Ons het Sondag bietjie besluit om uit die huis te kom en na die Polar Akwarium te gaan, ek wou graag die ysbere gaan uitcheck! Dit was ongelooflik koud, selfs binne in die gebou, maar beslis die moeite werd.

Hier is Fran voor die Akwarium, die son skyn lekker maar die wind is ysig koud.

Die Akwarium het ook 'n voelpark, soogdier afdeling, beach, joyrides ens, maar dit was heeltemal te koud daarvoor. Hier kan julle sien, die see/beach stuk is gevries, eerste keer wat ek dit sien.



Mens kan nie glo dit lyk so lekker buite nie, ten minste skyn die son by ons!

Franni wou graag op die rides ry, maar dit was alles toe. Boohoo.

Die ysbere!!! My gunsteling! Hulle is so oulik, maar mens kry hulle maar vrek jammer so toegesluit. Die ou grootte was baie entertaining, hy het lekker uitgestrek gele en gelyk of hy te lekker slaap.

Hier le hulle 2tjies saam, te oulik!

Voertyd, die groot ysbeer het darem sy kop opgelig, maar nie veel geeet nie.
Daar is 'n massiewe tenk met haaie en tonnels waardeur mens kan loop, hier is ons in een van die tonnels, en daar swem 'n haai bo-oor ons!

Ek en die groot skilpaaie, hulle kan tot 140jaar oud word.

Daar is die weirdste visse in die akwarium, hierdie is sulke lang neuse.

Hierdie een het soos 'n fossiel gelyk, vreemd.

Daar was ook baie pikkewyne, hier is Fran by sy gunsteling soort.



Ons het 'n cool dolvyn show gaan kyk, ek kon nie so mooi foto's neem nie, maar hulle is darem amazing.

Hier is ek saam met die wit walvis, hulle is regte show ponies, baie oulik!