Traveldiarrhoea

Hierdie is ons 2 se "traveldiarrhoea". Ok, kom ons wees eerlik, dis om ons ma's tevrede te hou. Ons reise begin hier...

Friday, September 16, 2011

RIO

Ons was moeg vir heeltyd reenjasse dra in die Valle en het toe die pad gevat Rio de Janeiro toe. Hier het ons die lekkerste winter dae beleef. Dit lyk asof dit altyd somer is in Rio en of sommige mense profesionele strandlopers is. Dit is kampsbaai op steroids! Die land het duidelik 'n tekort aan materiaal aangesien alma(sonder uitsondering) se swembroeke te klein is vir hulle. Ek en Gina het heeltemal 'overdressed' gevoel op die strand. Die stad is masief en het maar 'n goeie mengsel van ryk en arm met Favellas(Brazil se plakkerskampe) oral te sien teen die heuwels. Die stad het 'n besondere atmosfeer en sekerlik die mooiste uitsigte wat ek al beleef het. Die mengsel van woud, heuwels en see bly maar net mooi.

Ons het die eerste dag die 'Christ the Redeemer' gaan besoek. Hy lyk klein van ver af, maar baie indrukwekkend as jy onder homn staan. Dan besef jy eers hoe groot hy regtig is en wat se storie dit moes gewees het om hom daar staan te maak.

Dag twee het ons op die strand ontspan. Almal speel volleyball en drink Caipirinhas (Brazil se nationale drankie). Lyk my ook almal kom vat hulle Siesta op die strand!


Die aand het ons die sonsondergangs van Sugarloaf mountain af gekyk. Verseker een van die mooiste wat ons al beleef het.


Nog meer van die sononder.


Rio in die nag. Hier kan julle sien hoe klein die mannetjie op die berg is!

No comments:

Post a Comment